Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2176 resensies.
"Tuk-Tuk het handig ingekom, maar dit sal ook great wees as daar scooters te huur is by komplekse of ten minste inligting daaroor."
"Benodig meer besienswaardighede, soos dalk eetplek by die strand met 'n kroeg. Dis wat Amanzimtoti lekker maak"
"'n Pragtige dorpie met 'n mooi strand, heerlike eetplekkies en oulike roomyswinkel. Die strandmeer (wat direk agter die strand geleë is) se water ruik onaangenaam - ons vermoed dit is weens die oorstromings wat onlangs plaasgevind het. Ons hele gesin het 'n maagsiekte opgedoen - ons vermoed dit kon dalk van die strandmeer se vuil water in die see gewees het wat ons so siek gemaak het."
"At the moment there are a lot of road works coming home but not so bad being the weekend."
"Ons was verlede jaar ook in dieselfde area. Die area het agteruitgegaan. Strate is vuil en onversorg. Munisipaliteit kan meer aandag gee."
"Ek is mal oor Uvongo. Dis lekker rustig met alles wat jy nodig het. Die strande is skoon en netjies."
"Margate het baie agter uitgegaan, ek onthou die dorp as van die besigste en lekkerste plek om te gaan vakansie hou. Ons het ver moontlik uit die dorp gebly, baie gewilde winkels was leeg, moontlik deur Covid veroorsaak. Baie hartseer!"
"Heelwat nabye strande kan ook besoek word - beurtkrag is natuurlik vir almal 'n kopseer."
"Riolering blyk oral in die Manabe/Margate/Uvongo omgewing 'n probleem te wees; heelwat dreine wat oorloop, ens. Maar die strand by Manaba was skoon en heerlik."