Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 2176 reviews.
"Ons het eerder in Shelly Beach gebly en dan gery na al di plekke. Naby genoeg. Margate self is te besig en lyk gevaarlik. "
"Dis 'n klein stukkie hemel. Geen belemmering oor die see-uitsig nie. Alhoewel nie by die swemstrand is nie, is die strand-area skoon en ideaal om jou diere vir 'n wandel op die strand te vat. Redelik sentraal geleë om dag uitstappies te beplan van daar af. "
"Heerlik sentraal tussen en naby al die strande en interessante plekke, maar tog nie midde in die woeligheid nie."
"Die lekkerste plek om die see en die son te geniet in die hartjie van die winter sonder om gesteur te word deur massas mense."
"Ons familie hou al vir 7 jaar vakansie in die Ramsgate omgewing en Ramsgate se Blue Lagoon Beach is elke keer ons strand van keuse. Dis skoon, gerieflik en ontspannend, sekuriteit is tops asook polisie wat gereeld patrolleer, lieflike uitstallings, karwagte, wegneem etes - die Cheese Burger is "to die for" met die restaurant en cocktail deck wat die lekkerste kos en cocktails bedien met goeie gasvryheid en 'n warm vriendelike vibe! Lieflike skoon strand met wandel paadjies na woonstelle, braai areas asook die immer gewilde Waffle House! "
"It is fine for our family when we have family events like we did this time at Mthwalume, Qoloqolo Tribal Authority. Otherwise, Club Marina is in the middle of nowhere."
"Groepe mense wat sit en drink en dans en in die lagoon urineer. As mamma wat met haar kinderd op die strand gaan stap, voel jy onveilig om verby hulle te stap terug huis toe."
"Margate Beach is skoon en netjies. Daar is alles wat jy nodig het om jou vakansie te geniet en uitgerus terug te keer huistoe."
"Manaba strand word netjies onderhou. Mr Naidoo is vroeg oggend daar met die lewensredders en maak die gebied skoon en hark. Lilliecrona-boulevard is 'n awesome straat ook. Lekker vir stap, draf of fietsry."