Geverifieerde Resensie
Stellenbosch
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Stellenbosch bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 688 resensies.
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Roosenwijn Guest House"A wonderful town, with a fabulous vibe. Steeped in history."
"Stellenbosch is 'n baie besondere en karaktervolle dorp vol geskiedenis."
"Oulike woonbuurt weg van die besige Stellenbosch middedorp. Het self vroeër jare daar gebly."
"Die ligging van Brandwacht is perfek en asemrowend. Baie stil en netjiese gebied, dis nie te ver van die dorp nie en is 'n welbekende gebied."
"Lekker sentrale area met toegang na al die roetes wat jy sal wil besoek."
"Woonbuurt, naby aan (stapafstand van) supermark in sentrum met restaurant (bedags), wegneemete-restaurante, OTM's ens. "
"Stellenbosch is ongelooflik warm in die somermaande. Daar is 'n waaier in die kamer en alhoewel dit effense verligting bring sou 'n lugverkoeler die ervaring volmaak."
"Voel veilig, die uitstekende Spar is 'n groot bate en alles binne stapafstand vanaf die hoofdorp."
"Stellenbosch bly een van die lekkerste dorpies om in vakansie te hou. Sal altyd een van ons gunstelinge bly. "
"Die Boord is ideaal omdat dit so toeganklik is vanaf enige rigting. Dit is naby aan die dorp geleë, maar ook ver genoeg vanaf die studente bedrywighede."
"Dit is naby die studentedorp, maar nie deel daarvan nie, wat dit rustiger maak. Daar is goeie fasiliteite. Dit is naby die hoofweë."