Geverifieerde Resensie
Sunshine Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sunshine Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2720 resensies.
"Ons het nog nooit sulke vriendelike mense ontmoet nie. Ons was verstom. Waar ons ookal gestop het of ingegaan het was ons soos langverlore familie behandel. Merkwaardig!!"
"Dit is 'n baie oulike plekkie vir toeriste, maar daar is te min plekke om te gaan uiteet."
"Baie mooi. Wat ons nie geweet het nie is dat alles om die Kowierivier draai en nie om die see nie! "
"Seaview is 'n pragtige plek weg van die gewoel, maar genoeg om te doen met puik restaurant en 'n nabygeleë inkopiesentrum."
"Dit mag intimiderend lyk, maar besoekers moet tog die duine klim. As jy eers bo is, is dit die moeite werd."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sonskynkus
Sam's Self-Catering"Port Elizabeth het my baie verbaas. Ons sal verseker langer bly volgende keer. Daar is so baie om te ervaar en die mense is awesome! Well done PE!"
"Ons het dit nie juis as toeristebestemming ervaar nie, maar dit is baie gerieflik geleë ten opsigte van winkels en vir ons besoek vir 'n Britse visum."