Successfully reported
+26

Springtide Studios

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 18 Logan Drive, Nahoon Mouth, East London, 5241, Oos-Kaap
  • Vanaf R890 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Springtide Studios bied gerieflike selfsorgverblyf net 750 m van Nahoon-strand af in die gegoede woonbuurt, Nahoon, in Oos-Londen.

Hierdie nuwe selfsorg-ateljeewoonstelle is lugtig en gerieflik en bied slaapplek aan 2 tot 4 gaste. Elke ateljeewoonstel beskik oor 'n toegeruste kombuisie en ook 'n platskerm-TV met DStv. Verder het die
woonstelle ook WiFi. Elke kamer het ’n badkamer met ’n stort, wasbak en toilet.

Parkeerplek op die perseel word voorsien en gaste geniet ook toegang tot 'n braaiplek en 'n swembad buite.

Nahoon-strand is Oos-Londen se gewildste strand en die woonbuurt Nahoon het om hierdie prentjiemooi besienswaardigheid ontstaan. Nahoon-strand
het lekker branders en is dus ook welbekend as 'n branderplankrybestemming. Besoekers kan ook gaan sweefski, lyfplankry, SUP, swem en by Nahoon-reef duik of in die vlak water van die riviermonding waar die Nahoon-rivier die see in vloei swem. Die Nahoon-rivier is ook gewild vir roei, waterski en visvang. Aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing sluit in die Oos-Londen Gholfklub, Oos-Londen Akwarium, Footprints-wandelpad, die Dassievoetslaanroete, inkopies by Hemingways Mall, restaurante en talle strande langs die kus in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 131 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Heather S
5.0
Beach dream. Fantastic location and within walking distance to the beach. Spacious apartment all to oneself.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Linda H
Besigheidsreis
5.0
Veilige, baie netjiese akkommodasie. Waarde vir geld. Baie aangename blyplek.
Jun 2025
Christiaan F
Gesin met klein kinders
5.0
Netjies en gerieflik. Sal definitief weer by Springtide Studios.
Jun 2025
Claire W
Gesin met klein kinders
5.0
Just what I wanted. Springtime Studios was brilliantly located, exceptionally clean and was kept clean throughout our stay. I would def...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Mellisa K
Besigheidsreis
5.0
The best in East London. Koenslocksmiths from PE always stay there; they love Springtides. We do book there once a month. Very clean, v...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Joy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 131

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • 18 Logan Drive, Nahoon Mouth, East London, 5241, Oos-Kaap
  • Gaste dink Springtide Studios het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 890
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 890
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 890
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 18 Logan Drive, Nahoon Mouth, East London, 5241, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdhNDU3OThhLTk2YjgtNGRjMy1hZmM2LWU1NzY5NDdkYWE4Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R890 per nag, vir 2 mense 131 5 1 5 18 Logan Drive Nahoon Mouth 5241 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.98707148445 27.943031415674

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang