Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Sutherland

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sutherland bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 490 resensies.

Sutherland

Die Stal Cottage

"Great en welbekend vir sterrekyk. Sal altyd Jurg aanbeveel vir sy sterrekyk - professioneel, kundig en goed toegerus met besondere teleskope."

Sutherland

Skitterland Gastehuis

"Sutherland het my siel geraak. Die mooste dorpie met die vriendelikste mense. Sal baie beslis weer eendag wil gaan. Star Gazing saam met oom Jurg Wagenaar was 'n belewenis, asook ons besoek aan SALT."

Sutherland

Sutherland Guest House

"Lekker Karoo-dorp om te ontspan."

Sutherland

Stellar Dust previously The Blue Moon

"Indien jy in sterre belangstel is die SALT toer 'n moet en Jurg se sterrekyk is aan te beveel."

Sutherland

Die Stal Cottage

"'n Móét-besoek, ten minste eenmaal in 'n mens se lewe. Jurg se sterrekyk-belewenis is ook 'n móét en die planetarium se twee vertonings was 'n besonderse ervaring! Net jammer dat die N.P. van Wyk-Louw-museum nie meer oop is nie."

Sutherland

Die Heks se Huis

" What do you do there? Is always the question asked when we say we are off to Sutherland for a long weekend. This place has an atmosphere all of its own and you just need to visit it once, to experience it and get hooked. Our August/September annual destination for a weekend away. Recommended to everyone. "

Sutherland

Die Heks se Huis

"Fantastiese mense, rustig en vriendelik. Afrikaans bly steeds bo by dié plekkie!"

Sutherland

Primrose Cottage

"Ongelooflik koud. Moet dit self beleef om te waardeer."

Sutherland

Primrose Cottage

"Belê in die geleentheid om te gaan sterre kyk in Sutherland. Trek warm klere aan! Dit is ontsettend droog op die oomblik. Daar is basiese winkels op die dorp. Maak 'n bevestigde bespreking, voor u die dorp besoek, veral in blommetyd. Daar was twee groot toerbusse met toeriste wat saam met ons by die sterre-kyk was. Akkommodasie is beperk op so 'n klein, gewilde dorpie."

Sutherland

Die Stal Cottage

"Lekker dorp en lekker mense. Vriendelik! "

Sutherland

Die Stal Cottage

"Very quiet little town, you need to spend at least a day here."

Sutherland

Alien Inn

"Netjiese, skoon dorpie met baie vriendelike mense."

Sutherland

Sterland Annex

"Sutherland's accommodation in general is expensive, and mostly fully booked in winter, when the snow has fallen!"

Sutherland

Die Heks se Huis

"Sien julle weer!"

Sutherland

Die Heks se Huis

"Lieflike, skoon dorpie met die pragtigste sterrehemel!"

Sutherland

Primrose Cottage

"An old town, with not too much to do except look at the stars and it's all closed on a Sunday so make your trip the Friday/Saturday."

Sutherland

Sterland Skrywershuisie

"Netjiese dorpie met baie te doen. Nogal 'n stywe entjie vanaf die N1."

Sutherland

Sterboom Self-catering Cottage

"Pragtige dorpie - "a must see"! Baie om te doen!"

Sutherland

Die Stal Cottage

"Tipiese Karoodorpie met baie beperkte aankoopgeleenthede. Strate was baie netjies en skoon en inwoners vriendelik. Winkels moet daaraan dink om sakkie plankies of fynhout saam met sakke hout te verkoop om vuur vinnig aan die gang te kry tydens sneeu/reënweer. Ons het tydens sneeu-neerval daar aangekom en die was onbekend, inwoners met privaat voertuie het so 10 km buite dorp motors ingewag en dan deur die draaie en afdraend tot in dorp geëskort, wonderlik om te sien daar word omgegee. Julle doen 'n wonderlike werk."

Sutherland

Primrose Cottage

"Hierdie dorp moet op elke Suid-Afrikaner se emmerlys kom. Dit is 'n belewenis."

Sutherland

Sterboom Self-catering Cottage

"Dit is 'n klein plattelandse dorpie met net die nodigste winkels. Die sterrewag is indrukwekkend. Die mense is baie vriendelik. "

Sutherland

Ouma Jossie se Huis

"Fantastic little town with so much history."

Sutherland

Skitterland Gastehuis

"Ons het Sutherland vreeslik geniet en was baie gelukkig om die sneeu te kon beleef. Ons het heerlike boontjiesop met vetkoek by die Ou Meule geniet, maar daar was ook ander tradisionele geregte soos afval en skaapskenkel beskikbaar. Blue Moon se beesstert was uitstekend. Sutherland moet op elkeen se emmerskoplysie wees. "

Sutherland

Primrose Cottage

"Bly minstens twee aande."

Sutherland

Primrose Cottage

"Lovely, tranquil town. Recommend visits to SALT observatory, planetarium and dinner at Blue Moon restaurant."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Vat ekstra warm klere saam! En nóg ekstra warm klere."

Sutherland

Sterboom Self-catering Cottage

"Sutherland is 'n klein, ongerepte, plattelandse dorpie. Dit het 'n eie aardigheid wat mens kan waardeer, siene hoe afgeleë dit is. "

Sutherland

Die Stal Cottage

"Interessante inligting met besoeke aan die besienswaardighede. Nul grade was toe nie só koud nie."

Sutherland

Sterland La Pari Pari & Bay Window

"Ons was baie teleurgesteld oor die totale onbereikbaarheid van die persoon wat die NP van Wyk Louw huis aan belangstellendes moet wys. Haar nommer lui net en ons verneem toe by ander gaste dat dit die norm is. Die huis is 'n erfenis-skat en behoort beskikbaar te wees vir besoekers. Baie dankie aan die koster van die historiese kerk vir 'n wonderlike kerkgebou-toer en komplimentêre geskiedenis-oorsig van die dorp en kerk. "

Blad
Blad 12 - Wys 331 tot 360
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang