Geverifieerde Resensie
Transgariep
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transgariep bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1358 resensies.
"Daar is heelwat blyplek en natuurlik die Gariep Forever Resort. Daar is ook 'n pragtige hotel wat uitkyk oor die dam met baie bekostigbare ontbyt. "
"Gariepdam is 'n pragtige plekkie met genoeg te doen vir enige watersportliefhebber. 'n Rit oor die damwal is natuurlik 'n moet-doen. Die area rondom die dam met uitsigpunte is goed versorg en geriewe netjies. Ons het aandete by "Tjailatyd" geniet en hulle hoef geensins terug te staan vir 'n stadsrestaurant nie. Besoek gerus hierdie oulike dorpie. "
"Ons het deur die kampterrein gery om bietjie te "explore" aangesien ons ook kampeerders is en was aangenaam verras om die netjiese skoon park te sien! "
"Dink baie goed vir toeriste wat van watersport hou. Damwal is regtig iets om te gaan besoek. "
"Dit was 'n koue tyd daar in Gariep en met die ekstra verwarmer het almal heerlik warm geslaap."
"Opdateer, vernuwe asseblief elektroniese info-bord... nog dieselfde vir laaste 10 jaar... besoek dam gereeld..."
"Daar is definitief 'n besigheidsgeleentheid vir die uithuur van bergfietse, veral as die nabye natuurreservaat dit sou toelaat. Watersport het ook potensiaal."
"Die area rondom die dam raak vervalle en is nie meer so netjies soos in die verlede nie."
"Gariepdam is 'n ideale wegbreekdorpie indien iemand van die gejaag van die stad wil wegkom. Die hotel en oord blyk die ideale blyplekke te wees. "
"Rustige atmosfeer. Sal dit beslis aanbeveel vir persone wat werklik wil rus."
"Vaart op die dam is baie lekker gewees. Kort dalk `n toerisme buro om al die aktiwiteite aan te dui."