Geverifieerde Resensie
Transgariep
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transgariep bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1358 resensies.
"Venterstad is 'n rustige klein Karoodorpie, maar dit is baie naby die Gariepdam. Die Gariepdam-damwaltoer is verseker die moeite werd. "
"Bethulie is 'n klein plekkie, geen gejaag of lawaai nie. Baie ou geboutjies met heelwat geskiedenis. Ons was ongelukkig laat op 'n publieke vakansiedag daar en kon nie dit ten volle geniet nie. Skoon, rustig en netjies. Baie veilig. Eg platteland."
"Eerste keer wat ons daar was maar sal beslis weer inloer as die geleentheid hom voordoen."
"Ons oornag al die afgelope paar jaar by verskillende plekke en geniet dit om daar oor te bly a.g.v die ligging en rustigheid van die omgewing. Dit is ideaal vir 'n halfwegstasie om bietjie te ontspan. Ons kan die restaurante regtig aanbeveel - die kos is tops. "
"Baie goeie en sentrale oornagpunt, maar as jy mal is oor hengel is dit 'n goeie vakansieplek."
"Uitstekende omgewing! Baie netjies en mooi. Die sterrekyk was 'n onvergeetlike ervaring."
"Die Gariepdam is 'n pragtige plek! Ons positiiewe ervaring van die dam was egter baie erg ontwrig deur die frustrerende swak diens. "
"Meer reisigers behoort deur dorpe soos Bethulie en Philippolis te ry as 'n alternatiewe roete vir die N1. Kom raak stil en geniet hierdie dorpe oor 'n koppie koffie voor jy verder reis."
"Ek dink dit sal 'n ander ondervinding wees wanneer dit nie so droog en die dam so leeg is nie. Tog is die omgewing baie mooi en het ons op twee geleenthede die bedreigde kraanvoël gesien en een broeipaar het n baba by hulle gehad. Dit was baie spesiaal om hulle te sien. Ons het ook gaan kyk na die gedenkplek waar 'n klomp van die kinders wat in konsentrasiekampe by Norvalspont was, dood is en begrawe is. Dit is net 'n jammerte die plek is so verwaarloos, maar baie interessant."
"Al die paaie is nie so goed nie – veral as 'n mens grondpaadjies tot by jou bestemming moet ry."