Geverifieerde Resensie
Trompsburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Trompsburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.4 uit 5 gekry volgens 197 resensies.
"'n Baie vaal plekkie, maar wag net tot jy binne die dorpie is en die mense ontmoet. Regtig baie oulik en stil."
"Trompsburg het regtig nie veel in die dorp nie. Hul het 'n supermark, maar net die nodigste word daar verkoop. Dit is meer net 'n nood stop of nood slaapplek."
"Het nie regtig tyd gehad om die dorp te verken nie aangesien ons net geoornag het. Sal in die toekoms 'n punt daarvan maak om die dorp weer te besoek."
"Vriendelike petroljoggies. Sien nie enige toeriste-aantreklikhede in die dorp nie. "
"Dit lyk na 'n oulike dorp met 'n paar interessante eetplekke. Affi Plaas restaurant by die BP garage het vir ons baie lekker kos gemaak teen 'n billike prys en porsies."
"As jy wil sien hoe 'n Vrystaat dorpie ongelukkig tot niet gaan, besoek gerus, dit is baie hartseer en daar is mooi ou huise in die bo- en onder-dorp dorp. Dit is definitief nie almal se smaak nie, maar jy kan dit darem op jou kerfstok sit as 'n plek waar jy was. Die Vrystaat is mooi!"
"As julle meer mense wil lok sit 'n Geocache of twee op in die dorp by van die geskiedkundige besienswaardighede."
"Baie stil, ek't my bergfiets buite gelos en nie een oomblik gevoel dat die sekuriteit beproef sou word nie."
"Trompsburg is nie 'n toeristebestemming nie, bloot oornag op pad Kaap toe. Vir daardie doel, was dit perfek."
"Lekker sentraal geleë. Naby Gariepdam. Pragtige plattelandse dorpie. Die Waterwiel Bakkery is die moeite werd om te ondersteun! "