Geverifieerde Resensie
Waterberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Waterberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1634 resensies.
"Also enjoyed a meal at Toeka se Dae Farmstall and Restaurant on the way in."
"Ek was bietjie omgekrap omdat die Aventura/Forever Resorts-oord nie dagbesoekers gevat het nie. Ons was letterlik loopafstand van hulle af en sou ideaal wees om daar te kon swem. Hulle is personeel is pleinweg net ongeskik en weet nie hoe om met publiek te praat nie. ATKV Klein Kariba het darem opgemaak daarvoor."
"Bela-Bela-area bied 'n groot verskeidenheid vakansieverblyf wat ook al jou behoefte is, rus in die Bosveld-atmosfeer, wild kyk, swem of wat ook al. Die inkopiesentrums en eetplekke is ook gerieflik naby indien mens 'n behoefte daarvoor het."
"Pragtige uitsigte, was bietjie droog toe ons daar was, maar ons het voor die reën gegaan. Dis naby genoeg aan Johannesburg om vir 'n kort rukkie weg te breek en ver genoeg om te vergeet van die stad."
"Ons was al by 'n paar plekkies in die Waterberg-streek en beveel dit aan. Die natuurskoon is pragtig en jy voel veilig."
"Waterberge het ongelooflik mooi toeriste-aantreklikhede. Ons geniet dit om ons eie streek en verskillende plekke te besoek. Beslis die moeite werd."
"Heerlike om die pad te vat en bedags rond te ry in die reservaat. Mabalingwe is tops!"
"Die omgewing is baie mooi, maar ook baie droog, dit sal baie hartseer wees as die veld moet brand and diere moet seerkry. Ek voel dat daar meer klem gelê moet word oor veld-veiligheid, veral omdat daar op so baie plekke gebraai word in en om die terrein."
"Net 'n ongelooflike lekker en mooi bos-ervaring. My topplek in Suid-Afrika!"