Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6855 resensies.
"In vergelyking met vorige jare het dit bietjie agteruit gegaan. Nog steeds die moeite werd."
"Ons was verras hoeveel van die ouwêreldse kusdorpie sjarme nog hier behoue gebly het."
"Die strand en see is pragtig. Net jammer dat die mense wat mossels en kreef verkoop mens nogals kan lastig val. Die feit dat jy met die intrap-slag gewaarsku word teen moontlike inbrake en diefstal is kommerwekkend. Maar anders as dit, lieflike en rustige bestemming met pragtige blou see."
"'n Baie mooi kusdorpie, maar as jy soontoe gaan vir 'n vakansie is dit regtig net om te rus want daar is nie veel anders om te doen nie."
"Ongelukkig oorgekommersialiseerd geword en lui plaaslike besigheidsmense wat die toeris probeer uitbuit met substandaard goedere!"
"Op Strandfontein is die see en die natuurskoon die oorheersende faktor wat dit 'n plek maak waar mens weer in kontak kom met jou eie menswees en deel word van die oseaan en die omgewing. Onverbeterlik!"
"Sal met graagte weer vir Lambertsbaai besoek. Net die skelmpies wat daar rondloop, is n probleem. "
"Pragtig. Omdat Lutzville op ons reisplan was vir 'n spesifieke rede, het ons die pragtige dele wat ons wou besoek het, gaan opsoek en die eindresultaat was fantasties."
"Kreef verkopers is baie opdringerig, en laat jou soms ongemaklik voel. Maar as dit jou nie pla nie, is dit heel lekker."
"Ons hou regtig baie van Jocobsbaai en spandeer ten minste 1 naweek elke jaar daar. Sien uit na volgende jaar!"
"Dis 'n mooi klein dorpie. Rustig en stil. As mens wil rus en wegkom van die stad se gewoel is dit perfek. Die natuurskoon van die strand en omliggende area is asemrowend. Mens kan nie anders as om ten volle herlaai en verfris uit Doringbaai te ry nie."
"Ek sal elke keer teruggaan, sal nooit uitgekuier raak in die pragtige rustige seedorpie nie. "
"Die strande is baie netjies en tussen die wonings. Die sekuriteit is ook vriendelik en behulpsaam. Gaan beslis my vriende aanbeveel."
"Ek is bang dat die karakter van Langebaan ondermyn sal word deur industrieë. Dit is 'n juweel wat bewaar en beskerm moet word."