Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6855 reviews.
"Is absoluut verlief op Yzerfontein en al die weskus dorpies. Beslis een van my gunsteling vakansie bestemmings."
"Lekker dorpie waar jy nog kan parkeer by jou gastehuis en rondloop waar jy wil wees. Pragtig."
"Jacobsbaai het vir ons rus vir ons siel gebied. Baie skoon en netjiese dorpie. Kindervriendelik. Jacobsbaai is ook naby aan die bekende Weskus-dorpies, so dis lekker om in Jacobsbaai te oornag en al die omliggende dorpies te besoek. Eersteklas!"
"Die is ons derde besoek aan Lambertsbaai, en soos altyd, het hy ons nie teleurgestel nie! Ons geniet die natuurskoon en die rustigheid vreeslik!"
"Lambertsbaai is 'n absolute awesome plekkie, die strand, hawe, eetplekkies, winkels ens. was baie aangenaam. Die mense is baie vriendelik. Lambertsbaai en omgewing is 'n pragtige plek en ons sal definitief weer gaan vakansie hou op die vriendelike dorpie."
"Was bietjie raserig op die strand op 1 Januarie, maar andersins baie lekker gekuier en Muisbosskerm altyd 'n wenner!"
"Yzerfontein is 'n lieflike dorpie. Rustig, stil met geen toestroming en vertrapping van mense op die strand nie. "
"As jy wil kom om te rus of klein kinders het en nie van plan is om te ry nie, dan kan ek dit aanbeveel of selfs vir besigheid."
"Ons was al 'n paar keer by Yzerfontein en sal weer daar draai, puik veilige bestemming met oop strande en lekker kuierplekke binne trefafstand van die Kaap."
"Stil dorpie met hope staproetes en hengelplekke. Weg van die besetenheid van besige kusgebiede, maar naby genoeg aan Langebaan, Paternoster en Saldanha vir 'n vinnige besoek. Die argitektuur is pragtig en herinner aan die Griekse eilande. Daar is 'n klein nuts- en geskenkwinkeltjie met verrassings soos vars melktert en goedkoop hout. Die Weskus-mall is tien minute weg vir groot inkope en brandstof. Jacobsbaai is een van die min kusjuwele waarvan die glans nog nie verdof is deur te veel straatligte en neon-naamborde nie. Beslis 'n besoek werd."