Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36824 resensies.
"De Rust is voorwaar 'n skilderagtige dorpie in 'n lieflike, interessante omgewing."
"Sal dit ten sterkste aanbeveel. As jy rus en ontspanning nodig het is dit die perfekte plekkie om na te gaan."
"Baie oulike plek. Die see is net vrek koud daar. Maar dis heerlik vir sommer net stap, honeymoon of net rustig wees. Sal nie die kinders saam neem nie, hulle sal ons die mure uitdryf omdat hulle nie sal kan speel in die see nie, ons is binnelanders en ken nie van "surfing" nie."
"Het sedert 1990 vakansiehuis op Onrus. Hermanus het pragtig ontwikkel sedertdien met eerstewêreldse standaarde!"
"Onrus is beslis een van die plekkies wat ons oorweeg met aftrede. Ons is mal daaroor! "
"Ons hou al vir geruime tyd daar vakansie. Aangename weer en pragtige omgewing."
"Bredasdorp is 'n baie mooi dorp en 'n mens kan alles kry wat jy soek as jy daar met vakansie is en die dorp is ook nie baie ver van die see af nie."
"Baie lekker rustige dorp met baie aktiwiteite en baie sentraal geleë t.o.v. George en Knysna."
"Lambertsbaai is die ideale plek om waarlik van die stad weg te breek. Besoek gerus die Muisbosskerm en gaan kyk na die Malgasse op die eiland. "
"Baie lekker in verlede by Perna-Perna en Hartenbos Inn gebly. Goeie weer en pragtige strande. "
"Hermanus is die skoonste dorp wat ek in 'n lang tyd gesien het. Daar was ook geen bedelaars wat om jou swerm nie."