Verified Reviews
Wild Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 1165 reviews.
"Country Klub met 'n lieflike golfbaan, twee riviermonde wat uitmond in die see, met 'n lieflike strandjie tussenin, en rotse waar branders eindeloos teen breek om jou gemoed te stil. Klein markies in die Yellow Forrest Camp, en as jy gelukkig is en op regte tyd by Keimond besoek aflê 'n kerkbasaar met heerlike tuisgebak! Definitief nie 'n moderne kusdorpie nie, maar 'n plekkie wat jou alles bied wat jy nodig het om gemaklik te wees!"
"Dit was 'n nuwe ervaring, eerste keer in Gonubie. Sal weer daar gaan bly."
"Sunshine coast is the best with cool sea breeze. I recommend for anyone who needs tranquillity and rest to come to this unspoilt beach."
"Lekker dorp, met swemstrande en lekker restaurante. Ek kon elke dag gaan draf en veilig voel. Dis ook nie te ver nie dan kan mens die 3 Susters gaan kyk, of na Kenton on Sea toe gaan. Als wat mens nodig het is daar - selfs 'n roomyswinkel by die strand!"
"Ideale area om as basis vir vakansies en reise na omliggende plekke te dien."
"Geboue lyk pragtig van ver af, maar ver van pragtig van naby af. Natuurskoon egter, is pragtig verby, asook die see-uitsigte asemrowend."
"Die area en natuurskoon is pragtig en ons het regtig te alle tye veilig gevoel. Die superette (kafee) op Cintsa Oos was net vir ons teleurstellend en het nie als gehad wat ons nodig gehad het nie. Koop dus eerder jou eetgoed ens. klaar op Oos-Londen of waar ook al, voor jy deurry na Cintsa Oos. Die Crossways winkelsentrum net 'n entjie van daar af het egter ook al die nodige winkels gehad. Die paaie was beter as wat ons verwag het en mens kan lekker op ry tot by Morganbaai en Keimond en daar was nie te veel slaggate nie."
"It's a very beautiful place to visit and you get friendly individuals willing to help around the town."
"It's a small town with friendly people. It was a holiday worth repeating in the future."
King Williams Town, Wild Coast
Dreamers Guesthouse"Keep doing what you do best, it’s working for you. I will definitely come back in the near future."
"Ek het grootgeword in Port Alfred en omgewing en dit was heerlik om my ou tuisdorp weer te kon besoek. Die dorp is netjies en ou geboue is opgeknap. So lekker om te kon sien dat dinge onderhou word en nie tot niet gaan nie. Ongelukkig was dit slegs 'n kort besoek."
"Bitter klein dorpie, maar bied alles wat mens nodig het. Ek het nie meer verwag nie. Die rit oor die rivier met die pont was 'n aangename verrassing."
"Port Alfred is a super holiday destination with stunning views and beaches."