Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2064 resensies.
"We love visiting Marloth Park. We see a lot of animals without having to go into the Kruger."
"Sou graag sien dat daar 'n behoeftebepaling gemaak word deur besoekers en dan daarvolgens 'n komitee stig wat omsien na daardie behoeftes. Ook dalk strenger toegangbeheer om ongewensde elemente te beperk of te monitor. Hoekom dit nie eksklusief hou nie, dit is 'n unieke plek. Pasop vir oorbehuising!"
"Met die baie reënval was baie grondpaaie verspoel. Met 'n gewone motor sal dit baie moeilik wees om rond te ry, veral langs die rivier."
"Fantastiese vakansiebestemming! Die rustigheid van die natuur en bosgeluide maak dit 'n baie spesiale bestemming waarna ons keer op keer sal terugkeer."
"Baie lekker plekkie, die enigste probleem is die paaie, dit het wel baie gereën, en dit kon lei tot die verspoelde paaie. Mense met lae voertuie sal nie sommer daar kan ry nie."
"Die paaie kort beslis aandag! Dit was vir ons stadsjapies baie moeilik om met 'n gewone voertuig oral te kon ry. Maar die algehele ervaring was regtig wonderlik!"
"Lief die natuur en het self 'n huis in Marlothpark gekoop verlede jaar. Voorheen bekend as Migrate Bush House."
"Was teleurgesteld by die hoofhekke. Jy kan sommer net inry en dit beteken enigeen kan sommer net ingaan. Vorige kere kon jy net ingaan as jy 'n permit het. Olifantstraat sal ek ook nie in bly nie. Te veel voete en mense wat langs die pad sit en selfs alkohol drink. Hoop as ons in die winter gaan dat die park strenger reëls sal hê wat dit aanbetref. Verder is die park pragtig!"
"Lekker restaurante en winkel as mens iets benodig. Veiligheid is tops. Baie wild om te sien. Rustigheid. "
"Marloth is baie lekker vir 'n wegbreek en ook naby die Wildtuin - baie rondom om te gaan doen."
"Gaan en geniet die rus, dis 'n vakansie wat jy nooit sal vergeet nie. Baie diere, en ook baie mooi en veilige perseel."
"Heerlike vakansiebestemming. Naby aan die Krugerwildtuin. Baie om te doen."
"Die gate in die grondpaaie kan so bietjie opgevul word, maar verder is die bos gevoel heerlik!"