Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 2064 reviews.
"Marloth Park voel vir my soos hemel op aarde. Ek is 'n buitelug mens en die omgewing in Marloth is absoluut fantasies! "
"Jammer oor die Rooibokkies wat uitgeskiet word. Ek hou glad nie daarvan dat dit tussen die vakansiegangers gedoen word nie. My familie het nie baie veilig daarmee gevoel nie. Dink dis onvanpas om te skiet waar kinders in die omtrek is. Stem glad nie saam nie."
"Marloth is 'n fantastiese ervaring, 'n stukkie hemel op aarde met die diere wat om jou is. Die mense wat daar woon en werk is almal ook vriendelik wat die ervaring baie lekker maak. My enigste bekommernis is oor die diere wat nou verwyder word en die vlakvarke wat geskiet word, gaan hulle nog diere oorlos in die park want as hulle alles gaan verwyder sal Marloth definitief sy aantrekking verloor!"
"Wonderlike plek. Groot verskeidenheid van diere. Ongelukkig net verskriklik baie mense wat daar rondloop deur die dag wat duidelik nie daar woon nie. Ashoop ook 'n sleg oog."
"Baie pragtige oord. Sekuriteit van hoogstaande gehalte. Die diere in die kamp dra by tot 'n ongelooflike tydperk. Sal beslis weer by Marloth Park tuisgaan!"
"Baie mooi, vreeslik geniet met al die diere en die mense is ongelooflik vriendelik."
"Uitstekende ligging naby die Krokodilrivier met sagte 4x4-roetes langs die Krugerwildtuin."
"A unique and wonderful piece of South African beauty, cannot wait to go back."
"Ons is al baie gewoond aan Marloth Park. Ons hou baie van die plek, omdat die diere vir jou kom kuier op jou voorstoep!"