Eunoia Kothuis
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 20 Louie Street, Lemoenkloof, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Eunoia Kothuis is 'n pragtige selfsorgkothuis met warm kenmerke en 'n privaat ingang in Lemoenkloof, Paarl. Dit kan 'n goeie opsie wees vir toeriste, sakereisigers of ouers wat verblyf naby skole benodig.
Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien. 'n Matras vir slegs kinders is beskikbaar indien vooraf gereël.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 2 en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste kry veilige parkeerplek agter 'n elektriese hek op die perseel. Tydens beurtkrag sal 'n sonpaneelstelsel die water warm hou en die ligte aan. Die ligging van hierdie kothuis is naby baie skole en sportgronde.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Rochel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 20 Louie Street, Lemoenkloof, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Gaste dink Eunoia Kothuis het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 20 Louie Street, Lemoenkloof, Paarl, 7646, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang