Successfully reported
+18

Eunoia Kothuis

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Louie Street, Lemoenkloof, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Eunoia Kothuis is 'n pragtige selfsorgkothuis met warm kenmerke en 'n privaat ingang in Lemoenkloof, Paarl. Dit kan 'n goeie opsie wees vir toeriste, sakereisigers of ouers wat verblyf naby skole benodig.

Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien. 'n Matras vir slegs kinders is beskikbaar indien vooraf gereël.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 2 en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Gaste kry veilige parkeerplek agter 'n elektriese hek op die perseel. Tydens beurtkrag sal 'n sonpaneelstelsel die water warm hou en die ligte aan. Die ligging van hierdie kothuis is naby baie skole en sportgronde.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Stroomdienste
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Tanisha E
Saam met vriende
5.0
Stylvol huislike rustigheid. Sjoe! Ons was aangenaam verbaas. Die plekkie lyk selfs mooier (al klink dit onmoontlik) en groter in persoon. Dit is styl...
Sien meer
Okt 2025
Dries C
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik. Goeie sentrale ligging. Baie gerieflik met veilige parkering.
Okt 2025
Riaan B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly. Die plek is baie netjies en sal dit aanbeveel vir enige iemand. En ons het baie lekker gebly.
Jul 2025
Louise V
Saam met lewensmaat
5.0
‘n Goeie keuse! Ons het heerlik gebly! Eunoia Kothuis is ruim, gerieflik, smaakvol ingerig en baie netjies. Dis gerieklik geleë in Paarl en behoort aa...
Sien meer
Mrt 2025
Dane E
Saam met lewensmaat
5.0
"Hidden gem" van Paarl. Eunoia was die perfekte blyplek vir ons naweek in Paarl vir 'n troue! Dit is 'n pragtige kothuis, met alles wat jy benodig vir...
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Rochel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 20 Louie Street, Lemoenkloof, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Eunoia Kothuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 100
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Louie Street, Lemoenkloof, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdd7f4776e4ba0d938c6e5ca7d2c6f1500396418cf08bee8bc3beb241da6fb8a92a58a8d60b692f0c69be4d9c50d3002fdaca?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 20 Louie Street Lemoenkloof 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.7280449 18.9617145

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang