Successfully reported
+57

Gaste Plaashuis Oudevlei

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Oudevlei, Off the R501, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Gaste Plaashuis Oudevlei is op ’n plaas 12 km vanaf Potchefstroom geleë en bied 'n heerlike wegbreeknaweek in enige van ons gesogte 3 eenhede.

Afrika is 'n individuele oopplan-eenheid met sy eie ingang. Daar is 2 slaapkamers, een kamer met 2 enkelbeddens en 'n tweede kamer met 'n dubbelbed. Die eenheid het 'n badkamer met 'n bad, stort en toilet. Die leefarea is baie ruim, met 'n groot sitarea, kombuis en eetarea. Die eenheid het ook 'n privaat stoep en vuurput.

Juk is 'n oopplan-eenheid met sy eie ingang en stoep. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en sofabed. Die eenheid beskik oor sy eie kombuisie met al die nodige geriewe soos 'n mikrogolf, oond en yskas. Dit het sy eie sithoekie en 'n ruim badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n privaat braai.

Sag is 'n oopplan-eenheid met 'n dubbelbed. Daar is 'n kombuisie, 'n klein sitarea met 'n eethoekie en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n bad. Die eenheid het sy eie stoep en braai-area.

Gaste kan ontspan op die plaas deur onder in die vlei te braai of hulle kan lekker afkoel in die swembad. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Neem asb. kennis dat daar 'n grondpad is wat na die verblyf lei. Dit is 'n breë grondpad in goeie toestand en is so 2,5 km vanaf die teerpad tot by die plaas.

Gaste kan hul eie fietse saambring en die roetes op die plaas verken.

Besoek Provance-padstal vir 'n lekker ontbyt, dit is 2,5 km van die verblyf af. Tanglewood is ongeveer 10 km van Gaste Plaashuis af, waar gaste kan gaan visvang. Hartspad se wandelpaadjies en staproetes, gaste nie teleurstel nie. Daar kan gaste ook iets eet. Dit is 8 km van die verblyf af. Verder het die plaas buitebraai-areas waar gaste kan kuier om 'n groot vuur met die mooiste sonsondergange.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 53 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marietjie R
Gesin met tieners
5.0
Plaas, rustig, skoon, ruim, goed toegerus - heerlik. Dit was nou lekker. Vriendelike ontvangs, ruim woning, perfekte tafel vir kaart speel, beste braa...
Sien meer
Sep 2025
Mariaan B
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik. Uitstekend, baie dankie!
Mei 2025
David W
Gesin met tieners
5.0
Relaxing and peaceful. Awesome location and home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Rinie E
Saam met lewensmaat
5.0
Sal vir seker een van ons favorite plekke wees. As jy lus is vir 'n lekker wegbreek van die stad, gaan gerus Gasteplaas toe vir rus, vrede, stilte en ...
Sien meer
Mrt 2025
Clinton W
Gesin met tieners
5.0
Relaxing stay in beautiful surroundings. Lovely farm-style accommodation. Well specced and very helpful and responsive hosts.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ewan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 53

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Farm Oudevlei, Off the R501, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Gaste dink Gaste Plaashuis Oudevlei het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Oudevlei, Off the R501, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbf1398f06527f0e23ff7545f885cfc08c03311ed562a7b3a84645d6ee680ae8e78fe0a8364ca44bbdd6889d94aadff611d36?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 53 5 1 5 Farm Oudevlei Off the R501 2531 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.604279732939 27.088487148285

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang