Successfully reported

Karoo Rustigheid Gasteplaas

Selfsorg

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Maretha H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Fantastiese mooi en netjiese gastehuis. Ontvangs was uitsonderlik vriendelik en hulpvaardig. Die gastehuis is verskriklik netjies met alles wat nodig is vir 'n baie aangename verblyf. Vanaf die eetgerei tot beddens en beddegoed van hoogstaande gehalte. Wasmasjien en skottelgoedwasser en heerlike kaggel om jou lekker warm te hou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Alta
Karoo Rustigheid Gasteplaas
Baie dankie, beste Maretha, dit was net so lekker om julle te kon verwelkom by ons op die plaas en dat ons die Karoo rustigheid met julle kon deel. Kom kuier asb. weer. Dankie dat u ook ons huis weer mooi agtergelaat het, waardeer opreg. Sien uit om u weer te verwelkom by ons. Vriendelike groete, Alta

Christelle F
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2024

Dankie dat julle die plaas met sy rustigheid aan ons beskikbaar gestel het. Karoo rustigheid Gasteplaas is 'n pragtige plaas in 'n lieflike omgewing. Die huis op die plaas is baie gerieflik met alles wat mens nodig het. Alta en die kinders is aangename gasvrye mense wat verseker dat alles in orde is en dat gaste gemaklik is. Ons het heerlik gerus en die diere en omgewing baie geniet!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Alta
Karoo Rustigheid Gasteplaas
Goeiemiddag beste Christelle en gesin. Dit was vir ons net so 'n voorreg om julle te kon ontmoet, en dat ons julle kon verwelkom het by ons op die plaas. Dit was heerlik om te sien hoe julle ook die plaas geniet het saam met ons en die rustigheid en ons geselsies. Dit was heerlik. Kom kuier asb weer, Christelle, en baie dankie dat julle die huis baie mooi netjies soos ontvang het agtergelaat het. Baie dankie. Hoop ons sien gou weer. Vriendelike groete, Alta

Danie P
Kort verblyf
4.4
Jul 2025

Ontspannend. Rustig. Iets wat jy weer wil doen. Ouma, Oupa en kleinkind het die rustigheid van die plaas baie geniet.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Alta
Karoo Rustigheid Gasteplaas
Goeiemiddag beste oom Danie en ouma en kleinkind. Ons is baie bly julle kon die vreedsaamheid van die plaas en Karoo saam met ons geniet. Julle is altyd weer welkom en dit was heerlik om te kon ontmoet, dierbare mense.

Izabell P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2023

Ongelooflik! Vriendelike mense! Alles wat mens nodig het en meer! Wat 'n bederf!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Alta
Karoo Rustigheid Gasteplaas
Baie dankie beste Izabell. Kom kuier asb weer en u is altyd welkom. Dit was heerlik om u te kon verwelkom het by ons op die plaas. Vriendelike groete Alta

Aldo L
1 nag Gesin met tieners
4.6
Mrt 2023

Heerlike oornag op 'n plaas in Sutherland. Heerlik oornag en baie gasvrye mense ontmoet. Definitief 'n plekkie wat ek weer wil besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Alta
Karoo Rustigheid Gasteplaas
Goeiemiddag beste Aldo. Julle is altyd weer welkom en dit is vir ons net n eer en heerlik om die karoo rustigheid, stilte, vreedsaamheid en God se skepping met jul te kon deel.....karoo....natuur,,, julle is altyd weer welkom. seenwense vir julle ook. Ek help graag as ek kan met enige hulp en versoek. Dit is vir ons heerlik om jul te kon ontmoet en gesels en ontvang en die plaas te kon deel. julle was net te kort hier, hoop ons sien weer. vriendelike groete Alta

Neels R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Des 2022

Gawe blyplek vir 'n plaasvakansie in die Tankwa omgewing. Die blyplek was uiters goed toegerus, ruim en met alle toerusting wat nodig kan wees vir 'n selfsorgvakansie. Goeie voorsiening om beurtkrag die hoof te bied, bv. 'n gasstoof. Alta, die gasvrou, was baie vriendelik en hulpvaardig. Die pad daarheen kan by tye uitdagend wees. Dit het onlangs baie gereën en die paaie was verspoel.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Alta Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
R 4 700
per nag, vir 10 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 700
per nag, vir 10 mense
Vanaf
R 4 700
per nag, vir 10 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R354, Koornlandskloof Farm, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA899d32ed749fa8fcd994383a05d48e2e9f937b2d30ab4f5107671b5081bc5ae96514fae459eb25b0b5ddb322c8795a5624f1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 700 per nag, vir 10 mense 6 5 1 5 Off the R354 Koornlandskloof Farm 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -32.225905639559 20.353512378073
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang