Successfully reported
+52

Warthog's Den

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 451 Karp Crescent, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
  • Vanaf R940 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Warthog's Den is in Kranspoort Vakansiedorp in die Loskopvallei se lieflike bosveld geleë. Dit is net 45 km noordoos van Middelburg langs die N11 in Mpumalanga.

Warthog's Den bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 2 stylvolle gaste-eenhede, 1 gastekamer en 'n luukse safari-tent. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe asook vars beskuit. Al die eenhede, die kamer en die tent het lugversorging.

Warthog's Den het 'n temperatuur-gereguleerde swembad wat geskik is vir die warmer maande. Warthog's Den beskik ook oor 'n boma-braai.

Kranspoort se ligging is ideaal vir natuurliefhebbers en avonturiers. Daar is verskeie wildsoorte op die plaas wat vrylik tussen die huise wei. Die plaas is 1000 ha groot en dit is veilig om te gaan stap en bergfietsry. Kranspoortdam is ideaal vir hengel op 'n vang-en-vrylaat-basis, maar gaste word gevra om bewus te wees van die krokodille.

Daar is meer as 230 voëlspesies in die omgewing, en 'n voëlskuilplek bied die ideale geleentheid vir voëlkyk en fotografie.

Kranspoort het 'n uitdagende 9 putjie-gholfbaan waar gholfdae en kompetisies gereeld gehou word, daarom is dit die beste om vroeg te bespreek.

Daar is baie restaurante in die omgewing.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Elsa S
Saam met lewensmaat
5.0
Ons was verras met die gasvryheid en goed toegeruste blyplek en kunstig versier. Ons wegbreek na Kranspoort Vakansiedorp was 'n buitengewone opwindend...
Sien meer
Sep 2025
Johannes V
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende verblyf in Kranspoort! Wat 'n wonderlike ervaring en het alle verwagtinge oortref van oorbly in Warthog Den. Pragtige, skoon plek in die b...
Sien meer
Aug 2025
Liezl L
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Verblyf was fantasties. Skoon, netjies, goed toegerus. Rustig.
Aug 2025
Amanda V
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik lekker en sal weer gaan kuier. Ons het baie lekker gebly. Gasvryheid is 12 uit 10. Kamer was mooi en netjies. Gasheer en vrou het regtig u...
Sien meer
Mei 2025
Richard S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Ons het 'n aangename tyd daar spandeer.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Adelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 451 Karp Crescent, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
  • Gaste dink Warthog's Den het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 940
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 940
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 940
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 451 Karp Crescent, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI5OTgyNzNmLTA3YzYtNDc4Yy04MmFhLTg1YjYwNjc0ZTZlMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R940 per nag, vir 2 mense 62 5 1 5 451 Karp Crescent Kranspoort Vakansiedorp 1080 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -25.425403295382 29.437174201012

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang