Verified Reviews
Ballito
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ballito
Rated 4.7 out of 5 based on 547 reviews.
"Heerlike en gesellige strand met verskeie mooi golfbane in die omgewing."
"Lekker klein plek om vakansie te gaan hou. Strand is redelik skoon, maar twyfel of dit werklik van Blouvlag-standaard is en het die getypoel baie geniet."
"Alles is daar wat jy benodig. Miskien sal 'n Chinese eetplekkie met wegneemetes goed wees, maar verder geen probleem."
"Ongelukkig baie kommersieel - nie so rustig soos wat ek dit 25 jaar terug kan onthou nie, maar bly steeds 'n gunsteling."
"Various of beaches and a beautiful promenade. The lifestyle centre is versatile and there is a variety of restaurants."
"Ballito bied wonderlike eetplekke en mooi uitsigte, maar amper geen goeie swemstrande nie. Vir dit het ons beter ervaar in Umhlanga."
"Pragtige klein kusdorpie met 'n heerlike strand. Tog is jy naby genoeg aan die groter plekke sou jy enigiets nodig hê. Dis die perfekte plek vir 'n gesinsvakansie by die see."
"Salt Rock is 'n great bestemming met talle behoorlike 4-ster plekke, soos Canelands. Dis reg op die strand en die diens is 6-ster!"
"Baie lekker vakansiebestemming, veral vir ons as pensionarisse is die lang wandelpaadjies heerlik. Goeie restaurante, goeie inkopiesentrum."
"Dit is 'n groot pluspunt dat die winkelsentrums nie naby die strandgebied is nie."
"Mooi strand maar vir swem in die branders eerder Ballito hoofstrand wat ook naby is."
"Groot verskeidenheid restaurante, was buite-seisoen wat dit lekker gemaak het dat dit nie 'n sirkus was nie. Sal verseker weer in Ballito gaan vakansie hou."
"Tweede jaar wat ek spesifiek oor paasnaweek soontoe gaan. En dit gaan definitef 'n gereelde instelling wees."
"Die getypoel is pragtig en mens kan met veiligheid swem. 'n Trekpleister daar is die seelewe binne-in die poel. Die eetplekke is heerlik, asook die paar winkels wat herdenkings verkoop. "
"Jammer oor waterbeperkings. Ons het beslis ons deel gedoen. Inkopiesentrums is naby en prakties. Was net baie besig. Mense is baie vriendelik."
"Ek het net 'n restaurantjie op die strand gemis waar mens kan gaan sit en 'n ietsie eet of 'n ietsie drink. Of selfs 'n roomysplekkie wat draairoomys verkoop. Ek weet nou nie hoe dit binne seisoen is nie, maar daar is geen restaurant op die strand nie."