Verified Reviews
Baviaanskloof
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Baviaanskloof
Rated 4.2 out of 5 based on 116 reviews.
"Altyd 'n belewenis. Vriendelike mense en lieflike grondpaaie. Ons sal keer op keer terugkeer."
"Die Baviaanskloof was baie mooi gewees. Hulle kan gerus die grondpad greis gooi en dit vir die toeriste en die inwoners gemaklik maak om daar te ry."
"As jy van plan is om deur die Kloof te ry (Willowmore tot Patensie) moet jy jou regmaak vir 'n onvergeetlike 5 ure!"
"Joubertina het al die nodige winkels beskikbaar indien jy kruideniersware, klere en vleis benodig om te koop. Die natuurskoon is ongelooflik mooi."
"Ongelooflike ervaring en asemrowende uitsigte. Juweel van die Oos-kaap."
"It depends on what you are looking for. It's a beautiful small town with lots of history."
"Een nag daar is eintlik te min. Ek sou twee aande daar bly om die rustigheid werklik te geniet en die skoonheid langer te waardeer."
"Baviaanskloof is 'n moet vir enige een wat sy energie wil herlaai. Die mooiste mooi al was dit droog."
"Joubertina was an exciting and unique place to visit. However, we struggled to find food shops that were open."
"Baie interessant, rustig en stil maar baie kunstige mense en plekkies om te besoek. Wens ons kon langer gebly het."
"Magical! A must see. Unfortunately very dry currently, rather visit after good rains."
"Soveel anders as wat ons verwag het. Mooi groot slaghuis en alles wat mens nodig het is in die mini mark. 'n Mooi boere dorp met vrugtebome en baie Toyota bakkies."
"Die paaie is maar rof, maar die omgewing se natuurskoon maak dit die moeite werd. Moenie haastig wees nie."
"Ons lief dit, maar dan is ons mal oor alle bosse en klowe en bergpaaie waar mens rustig kan ry en die wonderlike natuur kan bewonder."
"Pragtige natuuromgewing wat tyd nodig het om behoorlik ontdek te word."
"One of the best locations in South Africa to view a diversity of geological features."
"Dit was vir ons so mooi en ons sal DV weer gaan wanneer dit groen is. "
"Ons het deur die hele kloof gery. 'n Mens het 'n 4x4-voertuig nodig. Dis nie oral maklik om te ry nie, maar dis 'n ongelooflike ondervinding."
"Ek hoop nie die Baviaanskloof-verblyf word oral so duur en eksklusief nie. Ek hou van die basiese huisies wat dit vir ons Suid-Afrikaners ook moontlik maak en nie net op buitelandse toerisme fokus nie. "
"Klein dorpie met 'n rustige atmosfeer. Jy gaan soontoe om van die stad af weg te kom. "
"The through road to Patensie was closed at 5 different places due to trees being blown over the access roads. Can see no validity for the access fees to the Park if they do not travel over it themselves daily to ascertain its condition."