Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.
"Bly amper elke jaar daar oor en vind dit 'n geskiedkundige dorpie reg vir die besoeker."
"Op pad Kaap toe was BFW spotless op 26ste Dec. Verras. Nie 'n papiertjie in sig nie. Op pad terug van Kaap af 3 Januarie was dit vuil, besig en onsmaaklik. Sou nie spesifiek soontoe gaan vir verlof nie, maar OK vir 1 aand se oorslaap a.g.v. ligging."
"Die dorp is een groot taxi-rank, maar rondom die dorp is 'n paar mooi plekke."
"Nice friendly people and very clean town, 4 Sheep Restaurant highly recommended."
"Was verfrissend om vinnig by te stop vir kosvoorraad teen goeie pryse. Een van die beter en groter Karoodorpies."
"Dis soos ‘n liefdevolle familielid ─ jy weet nie hoekom jy van die plek hou nie, want dis vrek lelik, maar die gasvryheid van die mense maak dit lekker."
"Mooiste ou geboue! Propvol geskiedenis! Wye verskeidenheid, goeie gehalteverblyf (binne en buite die dorp)! Goed gevestigde dorp; baie winkeltjies ─ als wat jy nodig het sal jy kan kry. "
"Baie skoon dorp ten spyte van die volume mense wat daar deur reis. Welkome oase na die grougrys en beige van niks in die Karoo. Ons was net te moeg om te explore na die lang pad. En die Afrikaanse taal wat almal praat laat jou tuis en trots Afrikaans voel."
"Was veras oor hoe groot Beaufort-Wes eintlik is. Daar is groot winkels soos Checkers en jy kan alles kry wat jy benodig. "
"4-sheep restaurant uit die boonste rakke. Heerlike afval en bredie geëet. Dit is net buitensporig duur. "
"Ons familie het geskiedenis daar so dit het 'n dieper betekenis as vir die normale toeris. "
"Die dorpie het baie potensiaal as 'n oornag vertoef vir reisigers op pad Kaapstad toe. Die armoede wat in die dorp baie sigbaar is, kan hokgeslaan word, deur die dorpie se uitstekende ligging op die N1 meer innoverend te gebruik."