Verified Reviews
Beaufort West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Beaufort West
Rated 4 out of 5 based on 1365 reviews.
"Die besienswaardighede in die hoofstraat is besonders. Ons het nie lank genoeg vertoef om al die moontlikhede te ontgin nie."
"It's quiet, so for me it's a perfect stop over for when I travel from Johannesburg to Cape Town."
"Dit was en is nog altyd my oorslaapplek wanneer ons as 'n gesin Kaap toe gegaan het. En nou nog, al is ek 'n weduwee, slaap ek daar oor. Beaufort-Wes vir my is skoon en veilig."
"Wonderlike eetplekke, pragtige, skoon dorp met vriendelike mense, hoop ons het volgende keer meer tyd om die plek te verken."
"Blyk nie 'n veilige area te wees nie. Te veel straatkinders/haweloses wat jou lastig val en onveilig laat voel."
"Die beskikbaarheid van goeie restaurante was baie beperk. Behalwe die gewone gesinsrestaurante, wat nie altyd in 'n moeë reisiger wat nie blootgestel wil word aan jong kinders nie, se smaak val nie, was daar slegs twee restaurante, waarvan een definitief nie aan ons smaak voldoen het nie, veral omdat dit eers hul deure teen 19:00 geopen het. Die ander restaurant was heel aangenaam."
"Dit wil voorkom of die munisipaliteit die strate begin skoonmaak. Lyk beter as 'n jaar gelede."
"Het maar ook sy ongewense elimente. Maar wees veilig. Mens kry dit oral. Hou baie van julle dorp en gastehuise. "
"Die droogte en leë damme is hartverskeurend. Verder is die dorp skoon en die mense vriendelik. Aandblom Gastehuis was 'n wonderlike voorreg!"
"Ons het Chris Barnard meuseum besoek. Baie interessant oor sy lewensgeskiedenis."
"Die mense is baie vriendelik en behulpsaam en 'n fees om mee te gesels. Die museums is insiggewend en al die besighede was gretig om te help. Ons sal weer by Beaufort-Wes kom kuier, "
"Die dorpie is goed geleë vir 'n pitstop op pad na die Kaap. En Beaufort-Wes het alles wat mens nodig het vir daardie oornag stop."
"Warm, maar lekker om te sien die mense in die winkels is steeds baie vriendelik. Van die straat af lyk die plek maar bietjie verniel, maar aangename ervaring."