Verified Reviews
Bela-Bela
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bela-Bela
Rated 4.3 out of 5 based on 482 reviews.
"Bela-Bela moet egter bietjie werk daarvan maak indien 'n mens 'n mediese noodgeval het. Werklik nie op standaard nie."
"Die streek is pragtig en ons was onbewus van die toerisme aktiwiteite. Volgende keer kuier ons langer!"
"The Forever Resort, is expensive to visit, only allowed to swim for R150.00 per person, any other activities you have to pay for. Had some bad experience with one of the restaurants there, but otherwise we had fun "
"Ons bly maar in Suid-Afrika en is skrikkerig om tot laat buite te braai of om staproetes aan te pak."
"'n Mens kan sien Bela-Bela is net 'n toeristedorp. Maar baie lekker en die mense is vriendelik. "
"Die groter Bela-Bela omgewing met sy verskeie akkommodasie opsies, sal geen Bosveld liefhebber sommer teleurstel nie."
"Bela-Bela is 'n mooi en skoon dorp. Die tuine is kleurvol en die mense baie vriendelik en hulpvaardig."
"Bela-Bela is 'n wonderlike Bosveld dorpie met pragtige sonsopkomste en sonsondergange. Lieflike natuur en diere lewe, veral gedurende somer maande. Kan goed warm word maar daarvoor sorg jy net dat jy in 'n woonplek bespreek met lugversorging. Bela-Bela is 'n gerieflike 1 uur vanaf Pretoria. Mens voel altyd vernuwe en ontspanne wanneer jy eers bietjie Bela-Bela toe was."
"Bela-Bela is toegerus met 'n verskydenheid restaurante om almal se sak te pas, 'n paar verskillende plekke vir kruideniersware koop en 'n straatmark vir dingetjies en datjies. "
"The place is friendly for visitors and is welcoming to everyone, irrespective of race or gender. "
"Daar is so baie dinge om te doen en dinge om te sien mens kan nooit genoeg in Bela-Bela kom nie. Dis beslis een van die plekke wat my 'n trotse Suid- Afrikaner maak. "