Geverifieerde Resensie
Bethlehem
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bethlehem bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 210 resensies.
"An upgrade on their road maintenance is needed. Otherwise it is a great town."
"Bethlehem op sigself is 'n pragtige dorpie. Hulle sal net aandag moet gee aan paaie en padtekens."
"We didn't do much, but the town seemed safe and the people super friendly, will definitely try go back."
"Dorp se strate is pateties vol slaggate! Het heeltyd 'n gevoel van "nie veilig" ervaar! Ocean Basket was puik so ook die gholfbaan. Kan nie kommentaar lewer oor ander toeriste-aantreklikhede nie. "
"Bethlehem is n mooi ou dorp of stad wat die gewone stadsgeriewe lewer aan die rand van die Drakensberge. Dit is binne korte afstand van die pragtige Clarens dorpie. Bethlehem self se infrastruktuur is swak onderhou soos baie ander dorpe in Suid Afrika. Die paaie is swak, veral die N5 is teleurstellend. Die mall is goed voorsien van winkels, maar daar is geen flieks nie. Verder is Bethlehem 'n mooi vertrekpunt om die dorpe in die omgewing te verken."
"Bethlehem het ons verras. Dit was heerlik om daar te bly. Dit is 'n skoon en netjiese dorp. Mense is vriendelik en daar was 'n groot verskeidenheid winkels om van te kies. "
"Ek was ongelukkig net een nag daar en dit was 'n Sondag toe ek weer weg is so die dorp was, maar baie stil met die winkels wat toe was."
"Bethlehem is 'n groot dorp met 'n groot winkelsentrum. Ons het die Saterdag die parkrun in Bethlehem gedoen. Dit was lekker. Dis warm in die dag, maar koel goed af in die aand en nag. Bethlehem is naby Clarens (40km) en naby die Golden Gate Nasionale Park. Dis baie gerieflik om in Bethlehem te oornag en dan daarvandaan Clarens en Golden Gate te gaan besoek. "
"Bethlehem is baie sentraal geleë vir besoeke aan die besienswaardighede van die Oos-Vrystaat. Hulle kan egter die roete-inligtingsborde vervang sodat dit duidelik is. "