Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1512 resensies.
"The service we received from the Honda Dealership in Bloem was efficient, accommodating and really top class. Thank you Honda Bloemfontein."
"Mense is vriendelik. Hul restaurante is puik met baie goeie steaks. Die mense weet wat goeie vleis is."
"Bloemfontein is 'n goeie toeristebestemming. Ons het baie lekker geëet by Texas Burger & Beer house die mense is ook almal so vriendelik!"
"Ons was vir 'n kursus in Bloemfontein by die UV se proefplaas, hulle het rerig baie moeite gedoen. "
"Dis jammer die provinsie en stad (Bloemfontein) het so verval, ek is gebore Vrystater en dit breek my hart. Glo nog altyd Bloemfontein en die Vrystaat het BAIE meer om toeriste te bied as wat tans beskikbaar is."
"Die bietjie wat ons gesien het, was aangenaam en mens sal graag meer van Bloemfontein wil ondervind."
"Baie gevaarlike plek om te ry met jou eie vervoer. Ek beveel aan jy ry met 'n busdiens of 'n cabby rond."
"Bloemfontein is altyd ons nommer een stad om na te reis vanaf die platteland."
"Mooi dorp, maar totaal verwoes deur die mense wat daarna moet. Slaggate om elke draai, vuilissakke op die sypaadjies en toegegroeide rose met bosse en gras. Defnitief nie meer die rosestad nie."
"Die Coffee Talks Cafe in Rayton is 'n weggesteekte juweel en het ons 3 heuglike ure daar deurgebring. Behalwe die goeie kos, koffie en atmosfeer, was dit 'n onvergeetlike geestelike ervaring. Beslis my eerste besoekpunt wanneer ek weer Bloemfontein besoek. Behoort heelwat meer bemark te word. Dis iets heeltemal anders as jou gewone koffiewinkel en moet beleef word."
"Bloemfontein se strate het aandag nodig. Ons gaan al vir jare Bloemfontein toe en kan sien hoe die dorp agteruit gaan. Lang gras op die sypaadjies, swartsakke word nie verwyder nie, slaggate. "