Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1512 resensies.
"Paar minute se ry vanaf Makro. Ideaal vir ons plattelanders."
"Vriendelike mense en soveel bedagsaamheid teenoor ander persone het ek lanklaas in my lewe beleef. Dit is voorwaar 'n stad om op trots te wees "
"Westdene self is nie 'n toeristebestemming nie, maar dit is naby die besienswaardighede van Bloemfontein."
"Winkels is naby geleë, woonbuurt stil en rustig en het te alle tye veilig gevoel."
"Ek het my smuktassie tuis vergeet, ons kon by 'n groot mall gaan en alles wat nodig was vir die naweek by Dis-Chem gaan koop. Daar was ook 'n Clicks. Daar is 'n verskeidenheid van restaurante en die een wat ons gekies het se kos wat uit die boonste rakke. Ek is nie seker wat daar te doen is in Waverley nie aangesien ons net oornag het, maar vir ons behoeftes was Waverley perfek. "