Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2513 reviews.
"Skoner strate en minder kinders wat doelloos rondstap en baie bedel sal positief bydra."
"'n Unieke plek met vriendelike mense wat altyd bereid is om te help en te gesels. Definitief een van my gunsteling-kuierplekke."
"Pragtige dorpie. Baie interessante toer gehad by die Apollo-teater. Ek hoop hierdie dorpie kan weer heeltemal herskep word om weer die hele dorpie nuwe lewe te gee. Só 'n stukkie oase. "
"Nie eintlik tyd gehad om rond te kyk nie, maar sal baie graag wil teruggaan en meer tyd spandeer."
"I love the remoteness of the town. The Locals were friendly and happy to receive me. Highlights for me were: delicious meals at the Waenhuis, a ride on Jacob's donkey cart, casually strolling up and down the gravel roads finding quirky Art studios and honesty shops along the way, an inward journey through The Owl house and Nieu Bethesda Cement Art workshop presented by Randal, an informal trader."
"My voorouers se woongebied. Die Kitchings het die fossiele daar ontdek op die Nieu-Bethesda road. My oupa was die padmaker en my pa, Laurence, het saam met hom gegaan en toe die klippie opgetel. Die res is geskiedenis. "
"Ons gaan weer hier stop. Beslis te min van die geskiedenis beleef. Daar is 'n wonderlike oplewing in die dorp se kultuur en kunste. Hou aan, julle sal bo uitkom. Appolo se Teater is 'n besoek werd."
"Koop aandete voor aankoms of neem padkos saam. Veilige dorp. As tussen Kaapstad en Pretoria reis, is dit oorweldigend die ideale plek om te oornag. Uit Pretoria kan jy tot 09:00 vertrek en nog rustig in Hopetown aankom. Erken die 60 km borde hulle is altyd op spoedwag. oppas vir slaggate met indraai na dorp, nie te bad. "
"Dorp raak vervalle, maar vriendelike inwoners. Nie veel restaurante om van te kies nie."
"As ek terug huis toe ry dink ek nie regtig aan Britstown nie. Sal nog eendag daar stop en rondkyk. Hulle het 'n ryk geskiedenis oor die Anglo-Boereoorlog."
"Will graag die vroue konsentrasiekamp gebied besoek en 'n draai ry deur Orania net om te sien. "