Geverifieerde Resensie
Bojanala
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bojanala bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 757 resensies.
"Nie veel vir toeriste om in Mogwase te doen, maar naby Sun City en Pilanesberg."
"There are a lot of sight seeings to visit and they are close by, e.g. the zoo, boat cruising, the cable way, French Toast which they call Little Paris, and many more."
"Naby Harties sonder om in die verkeer te wees. Toegang na beide kante van die damwal. naby lekker plekkies soos French Toast-koffiewinkel en De Vette Mossel-restaurant. "
"Dis 'n wonderlike area met baie om te doen en oulike restaurante en pubs."
"In Kosmos self is daar geen eetplekke nie - 'n mens moet die veiligheidsarea verlaat om iewers aandete te kry."
"Die dorpie self bied nie baie nie, maar die omgewing bied soveel. Met Pilansberg en Sun City net om die draai is dit die moeite werd."
"Ons het nie regtig rondgery nie, maar dit lyk baie gewild met al die dagbesoekers van die stad."
"There is a variety of things to do than I had imagine. One needs to budget very well to enjoy themselves. And the people there are very welcoming."
"Vir die gholfweek in Sun City is hierdie bestemming nie sleg nie. Die gastehuis het veilig gevoel en daar was 'n ander B&B oorkant die pad wat ook vol bespreek was. Ons het voorheen ook al in Mogwase gebly vir die rede en dit was ook aangenaam. Anders as die gholf, glo ek nie ek sal hierdie as 'n toeristebestemming beskou nie."
"Omdat ek al jare in die omgewing bly, kan ek sê hier is baie besienswaardighede en baie om te doen - van 'n mark met 'n lekker restaurant tot opwinding vir die avontuurlustige."