Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2639 reviews.
"Prins Albert is 'n pragtige Karoo dorpie en definitief 'n besoek werd. Het ook heerlik geëet by die hotel."
"Prince Albert is is pragtige dorpie. Sal eendag weer daar wil oorbly vir 'n paar dae."
"Beskik oor al die nodige fasiliteite. Chris Barnard Museum is werklik insiggewend. Baie besige hoofstraat."
"Die dorp is ongelooflik skoon en word mooi instandgehou. Veilige omgewing en die gemeenskap is ongelooflik vriendelik en behulpsaam. Welgedaan Prins Albert!"
"Town is well maintained, streets all clean. Pity that restaurant part of hotel was closed due to Covid. They used to serve the best hamburgers in the country!"
"COVID-maatreëls word nie oral nagekom nie. Min het maskers aan. Dit is 'n toeristebestemming en die maatreëls moet juis meer nagekom word. Verder spuit die gastehuise Doom binnenshuis om die muskiete dood te maak. Omgewings- en mense-vriendelike opsies sal meer wenslik wees."
"'n Pragtige, netjiese dorpie. Baie besienswaardighede in en om die dorp bv. Olyfplaas, Weltevrede vyeplaas, Swartbergpas en Gamtoosvallei (Die Hel) en die Museum was uitstekend. Restaurante bedien heerlike kos."
"Mense is vriendelik, die omgewing is stil maar ook sy eie mooi. Beste etes in Merweville by Angela's winkeltjie oorkant Miems."
"Wat 'n verassing om na die kronkelpad deur die Berge of met die langpad uit die Kaap te ry en so 'n beeldskone dorpie te kon aantref. Was verbaas oor al die lieflike verskeidenheid eetplekkies en die vriendelike gemeenskap van die inwoners."