Geverifieerde Resensie
Dullstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dullstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 840 resensies.
"Paar baie oulike winkels. Die kosplekke voorsien almal die lekkerste chips saam met julle maaltye. Die plek om die smoked trout te probeer."
"Pragtige dorp met so baie winkeltjies en restaurante, en die mense! O, watter opregte, vriendelike mense! "
"Hulle kan gerus mooi, veilige voetpaadjies langs die hoofpad plaas. Daar is soveel verkeer en 'n mens sukkel om 'n babakarretjie rond te stoot. Kinderspeelplekke kan beter versorg word en veiliger gemaak word."
"Ek was regtig bly ek kon Dullstroom besoek! Is heerlik en ons het die natuur baie geniet. Sal beslis die plek weer wil besoek!"
"Dullstroom is a pretty quiet town. Loved Mrs Simpson's restaurant, really fine dining. Missed out on the whiskey bar as they closed earlier than expected. The shops are quaint and there are restaurants and eating places everywhere. Some not so good. We also enjoyed the Coachman very much."
"Dullstroom is vol eetplekkies en geskenkwinkeltjies, maar dis baie duur. Die supermark is effe agteraf en het nie veel nie. Ek dink hul kan probeer om 'n ordentlike Spar daar oop te maak."
"'n Heerlike, goed georganiseerde dorpie wat al die baie besoekers besonders goed hanteer. Soms wag 'n mens bietjie lank vir diens, maar gesien aan die aantal besoekers, doen hulle baie goed. Skoon, mooi, goed versorg - net lekker."
"Tipiese toeristebestemming, maar aangenaam. Birds of Prey 'n moet. Daar is ook nou 'n lieflike koffiewinkel en bekostigbaar. Moet dit nie mis nie."
"Baie lekker, rustige wegbreekdorpie. Kon nie kies tussen al die eetplekkies nie, maar was by meeste en nie een het ons teleurgestel nie. Puik golfbaan by Highland Gate met die beste uitsigte wat ek al ooit op 'n binnelandse golfbaan gesien het. Kan ook Dullstroom on Horseback aanbeveel as jy hou van perdry - baie goeie diens met goeie pryse en prentjie mooi uitsigte."
"Dullstroom is a great little town! Most of the restaurants and shops in the town are pet-friendly, which is something we always look out for but struggle to find. We were very surprised by just how pet-friendly the town is, even over the very busy Easter weekend. Just keep in mind it is a tourist town, and in general, the shops are a bit overpriced (but that might just be me). So if you're someone who likes taking your furry friends along like I am, Dullstroom is the place to go."