Geverifieerde Resensie
Dwarskersbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dwarskersbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 187 resensies.
"Kilometers lieflike strand sonder veel mense. Naby en ver genoeg van dorpsarea. Het algemene handelaar met als wat jy nodig het. Tien minute per motor van ander dorpsgeriewe. "
"Die beste vakansieplek aan die Weskus! Vir my is hier baie kinderjare-herinneringe. Sal altyd weer besoek."
"Dis 'n rustige Weskusdorpie met onbeperkte stap en swem strande, afgerond met die pragtigste sonsondergange denkbaar."
"Baie rustige vissersdorpie. Ideale plek om te gaan rus as jy wil wegkom van die besige stadslewe."
"Dit is net een van daardie bestemmings wat alles het. Skoon strande en genoeg in omgewing om te doen."
"Dwarskersbos is idyllic - so peaceful and soothing to one's soul! I love the Greek style white houses, low walls, no need for excessive security, no through traffic and friendly residents. Definitely a favourite place in South Africa for me!"
"Baie lekker om in Dwarskersbos te kan bly en Velddrif en die Rocherpan park wat so naby is."