Verified Reviews
Fouriesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Fouriesburg
Rated 4 out of 5 based on 380 reviews.
"The town has ample eateries for most tastes. It's literally on the doorstep from Lesotho border. It gives that lovely laid back feeling of the days when crime didn't exist. Great place for families when just wanna chill before venturing into Lesotho."
"This is one of those little unknown gems of the Free State. Good base for exploring Clarens, the Malutis and Lesotho."
"Die paaie soontoe is ongelukkig meestal in baie swak toestand wat daartoe kan lei dat mense nie daarheen sal reis."
"Wonderlike diens by die Windmill Pub en Grill gekry na ’n dag se voetslaan van 14 km. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam."
"Oulike drop met paar oulike winkels. Goed geleë om ook Clarens, Ficksburg, Golden Gate ens te besoek. Baie lekker wyn geproe by Mile High Vineyards, en lekker perdgery by Ventersberg Stables. Slaggate is maar oral oor aan die orde van die dag."
"Lovely Eastern Free State town with spectacular views and friendly people."
"Beslis 'n besoek werd. Pragtige kerk en ander sandsteen geboue om te besigtig. Daar is goeie eetplekke en restaurante, asook heelwat ander oornag verblyfplekke. Net jammer die pad vanaf Bethlehem lyk so sleg. Beveel aan ander reisigers ry via Clarens."
"Fouriesburg is 'n baie klein en stil dorpie waar alles nog Saterdae 13.00 toemaak vir die naweek. Daar is die lekkerste eetplekke wat baie lekker kos bedien. Clarens is so ongeveer 35 km daarvandaan en baie bedrywig oor 'n naweek."
"Fouriesburg is net 'n oornagdorpie, maar goed geleë vir al die naby geleë toeriste beskouings."
"Oulike winkeltjies en gasvrye restaurante op die hoek nes mens dit sou verkies. maklik om te navigeer."
"Mooi natuurskoon en vars, Vrystaatse lug. Omgewing is prentjiemooi op die oomblik."
"Die dorp het ons beïndruk. Daar is 'n kern gemeenskap wat die vlag in Fouriesburg laat wapper. Dankie. Die sandsteengeboue is regtig iets besonders."
"Plattelandse dorpie met unieke uitsig in 'n asemrowende omgewing. Beveel beslis aan!"
"Fouriesburg omgewing is 'n goeie bestemming om die omliggende berge te verken, staproetes te doen, bergfiets en trailrunning. Die dorp het 'n paar oulike winkeltjies."
"Die paaie is nie in goeie toestand vanaf Bethlehem na Fouriesburg nie. Die pad vanaf Clarens is baie beter. County Inn se kos is heerlik, so ook die Plaasstoep. Pad tussen Fouriesburg en Ficksburg is in haglike toestand."
"Fouriesburg se strate val uitmekaar en kort aandag van munisipaliteit af. Die omgewing is so mooi en die dorpie het soveel potensiaal."
"Baie beter en biliker pryse as in Clarens, dalk meer eetplekke. Die Windpomp Pub and Grill is my gunsteling."
"Van Fouriesburg het ons die Golden Gate Natuurreservaat asook die Sterkfonteindam besoek. Dit is baie naby aan Clarens vir 'n dagbesoek asook Bethlehem vir inkopies. "
"Fouriesburg self was nie vir my baie interessant nie, nie veel om daar te doen nie ons moes mar elke dag uitgery het Clarens toe."
"Gaan eet gerus by Die Plaasstoep, heerlike buffet ontbyt!"