Verified Reviews
Fouriesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Fouriesburg
Rated 4 out of 5 based on 380 reviews.
"Uitstekende ligging vir al jou ekskursies na Lesotho en die berge, asook die kersie-omgewing, Clarence en Golden Gate. "
"Pragtige dorp en goed geleë om al die besienswaardighede te besoek, asook Lesotho. "
"Regte plattelandse dorpie, stel voor mens koop maar klaar jou kruideniersware voor jy Fouriesburg toe gaan, daar is nie veel winkels in die dorpie nie."
"Was net uiters teleurgesteld in Die Plaasstoep se pap en kaiings, dit was oneetbaar sout en al wat gesê was toe ons dit onder hulle aandag bring was jammer. Ek het letterlik honger daar weggery. "
"Rustige, plattelandse atmosfeer met uitstekende eetplekke en hopelik bly dit so, dit maak 'n wegbreek naweek net soveel meer besonders."
"Ons het nie regtig in Fouriesburg rond gekuier en gery nie omdat ons van ver af gekom het. Dus moet ons weer 'n kuier reël om die dorp te gaan verken."
"Ons was net daar vir Mighty Men Maluti, maar was geskok om te sien daar is nie 'n ketting winkel soos 'n Spar of iets en ook nie 'n wegneemeetplek soos KFC, alhoewel ons besef dis 'n klein plaasdorp so meer verwag. "
"The Eastern Free State is a beautiful part of the world with gorgeous mountain views. I live in the Northern Drakensberg and so am spoilt with mountain views, but these were incredible!"
"Die Op-die-stoep restaurant was baie oulik en kon steeds kos bedien al het hul beurtkrag gehad. "
"Ontsettende mooi ligging hoewel daar nie baie is in die vorm van aktiwiteite nie. Naby genoeg aan Clarens en Golden Gate om verskeie aktiwiteite te geniet. "
"Ons het nie werklik tyd op Fouriesburg self spandeer nie, maar die omgewing is pragtig en na-genoeg aan Clarens om elke dag deur te ry soontoe vir inkopies en uiteet. "
"'n Mooi dorp met baie potensiaal. Dit bied baie ruimte vir nog 'n kunstenaars paradys."
"Die agteruitgang van die kleiner dorpe is baie hartseer. Die pogings van die inwoners om toeriste te trek is prysenswaardig."
"Klein dorpie met baie oulike mense en oulike eetplekke."
"Dit is die oulikste plek en die Hotel is regtig aan te beveel. Lekker naby aan Clarens. "