Geverifieerde Resensie
Franschhoek
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Franschhoek bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 252 resensies.
"Franschhoek is 'n betowerende dorp met ongelooflike goeie wynplase en restaurante om van te kies en te keur. "
"Dit is 'n pragtige dorp met baie interessante klein winkels en lekker eetplekke."
"Die area is beeldskoon. Die besighede is baie ingestel op buitelandse toeriste - dit is soms bietjie onbekostigbaar vir ons wat in Rande geld verdien."
"Goed geleë om die Kaap te verken. Pragtige dorpie met genoeg eetplekke. Dit is 'n bietjie aan die duur kant."
"Dit kan baie duur wees vir Suid-Afrikaners, so kies jou verblyf en eetplekke goed."
"Pragtig! Heerlik wyn! Vriendelike mens! Baie buitelanders tydens ons besoek. Winkels maak meestal voorsiening vir buitelandse toeriste, so ons het nie enige iets gekoop nie. Populêre restaurant is vol geboek so boek vroegtydig."
"I would recommend you add your name to the road board as you come off the N1 onto Jan van Riebeeck, so people would know which way to travel. Some of us don't have sense of direction."
"Overpriced and over-touristy, which has eroded the authenticity of the village. But this is inevitable and it is in very beautiful surroundings and is a tranquil holiday destination."
"Fantastiese kos, baie mooi dorpie en baie goeie ligging vir die wynlande."
"Interessante dorp vir 'n wegbreek naweek, alhoewel dit baie druk kan word oor naweke en feesgeleenthede soos Bastilledag."
"Franschhoek is die skat van die Wes-Kaap, 'n mengelmoes van goeie dinge wat jou uitgerus laat voel na 'n besoek."
"Franschoek is in die hartjie van die wyn- en kos wêreld. Hoogs aanbeveel en ons sal beslis terug wees."