Geverifieerde Resensie
Gariep Dam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gariep Dam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1122 resensies.
"Baie mooi, dit was nogal hartseer om te sien hoe leeg die dam is. Maar dit bly nog pragtig."
"Dit is pragtig maar tans met die droogte is die dam so leeg. Ons vertrou dat die droogte spoedig sal opklaar. Tans is Gariepdam dus net goed vir oorslaap."
"Bring goeie kamera. Klein vliegveld naby. Ons het klomp vlieëniers ontmoet, gawe mense."
"Baie rustig en ontspanne atmosfeer. Lekker om net te kan ontspan na 'n lank rit op die pad."
"Goeie bestemming om paar dae oor te bly. Definitief uitstekende plek om oor te slaap op pad terug van Gauteng af."
"Gariepdam is 'n unieke bestemming, jy kan daar oorbly op pad of lekker uitrus in die rustigheid van die Karoo."
"Die damwal-toer is 'n absulute moet. Oom Tommy wat ons toergids was, was passievol oor wat hy doen en het dit ook so oorgedra. Die kinders het werklik geniet om die binnewerke van die damwal te sien. Ons sou graag op die 'Sunset Cruise' wou gaan, maar die weer het dit ongelukkig nie toegelaat nie. Ons sal verseker weer in die toekoms in Gariep kom oorbly en ook die ongewing meer verken."
"Maklik om te kry van hoofweg af. Stil en veilig. Kan in die veld gaan stap. Kyk skape wat wei baie rustig. Dammetjie om in af te koel. "