Geverifieerde Resensie
Gariep Dam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gariep Dam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1122 resensies.
"Ons oornag al die afgelope paar jaar by verskillende plekke en geniet dit om daar oor te bly a.g.v die ligging en rustigheid van die omgewing. Dit is ideaal vir 'n halfwegstasie om bietjie te ontspan. Ons kan die restaurante regtig aanbeveel - die kos is tops. "
"Baie goeie en sentrale oornagpunt, maar as jy mal is oor hengel is dit 'n goeie vakansieplek."
"Uitstekende omgewing! Baie netjies en mooi. Die sterrekyk was 'n onvergeetlike ervaring."
"Die Gariepdam is 'n pragtige plek! Ons positiiewe ervaring van die dam was egter baie erg ontwrig deur die frustrerende swak diens. "
"Ek dink dit sal 'n ander ondervinding wees wanneer dit nie so droog en die dam so leeg is nie. Tog is die omgewing baie mooi en het ons op twee geleenthede die bedreigde kraanvoël gesien en een broeipaar het n baba by hulle gehad. Dit was baie spesiaal om hulle te sien. Ons het ook gaan kyk na die gedenkplek waar 'n klomp van die kinders wat in konsentrasiekampe by Norvalspont was, dood is en begrawe is. Dit is net 'n jammerte die plek is so verwaarloos, maar baie interessant."
"Al die paaie is nie so goed nie – veral as 'n mens grondpaadjies tot by jou bestemming moet ry."
"Daar was 'n hele aantal mense wat 'n luide partytjie by die wal gehou het. Musiek het geblêr, lywe het rondgeswaai, mense het hard geskree en papiere was die wêreld vol. Hierdie tipe gedrag moet bekamp word sodat almal wat daar kom dit kan geniet en nie net 'n klomp mense wat geen plek aan ander gun nie."
"Please consider joining the Holiday Club. It would be an excellent stay-over between the Cape and Gauteng, of which at present there's none."
"Gariepdam is 'n ideale halfpad-oornagplek wanneer jy vanaf Gauteng na die kus reis. Ek het al by 'n hele paar plekke oornag en die meeste is heel geskik om die basiese aan te bied. Ek het egter nog nie die ideale plek waarheen ek elke keer wil teruggaan, ontdek nie (behalwe miskien Forever-oord). Aangesien tariewe meestal per persoon is, raak dit redelik duur indien die groep meer as 2 persone is."
"Baie mooi foto's geneem en alhoewel ons geen toere of bootreise gedoen het nie, is dit 'n pragtige dam al is hy bietjie leeg. En ons gaan nie dat een slegte ondervinding van die dorpie ons afsit om weer hier verby te kom nie."