Geverifieerde Resensie
Hermanus
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hermanus bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1189 resensies.
"Lots to explore, and nice walks along the cliffs. Enjoyed Grotto Beach despite the weather. Nice restaurants and shops. Good destination. "
"Heel lekker en naby genoeg aan Hermanus maar ver genoeg om die gedruis te mis."
"Hermanus is 'n pragtige en lieflike dorp. Ek en my man het 'n tydjie by die see spandeer en dit terdeë geniet. Het lieflike foto's geneem met die agtergrond van die see in sig."
"Fantasties buite seisoen. Kan besig raak binne seisoen. Vakansie-paradys. So baie om te doen!"
"Ons het persoonlik nie van Hermanus gehou nie, was net te besig oor die algemeen. Restuarante was vol en so ook die strande. Groot irritasie was die hoeveelheid honde op die strand? Ons het ook honde, maar is nie gemaklik met honde op die strand nie! Ons het Hermanus besoek ondat ons miskien 'n eiendom daar wou koop, maar het nou daarteen besluit."
"Hermanus is 'n asemrowende plek. Baie mooi, baie skoon en baie veilig. Sal enige tyd weer daarheen gaan."
"Dit is net die mooiste plek in die Kaap. Daar is net iets besonders aan Hermanus. Ocean Basket se porsies vis is ook baie klein, en die stirfry veg kom uit 'n gevriesde pakkie uit. Verder is Hermanus een van my gunsteling toerismebestemmings - sou langer daar wou bly maar is 'n bietjie bo wat ons kan bekostig, "