Verified Reviews
Hondeklipbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hondeklipbaai
Rated 4.2 out of 5 based on 308 reviews.
"Kies net jou roete van Kleinzee en Koingnaas se kant af. Grondpad van Klipfontein se kant af is baie sleg. Andersins 'n baie lekker kuier met plat-op-die-aarde-mense."
"Dis baie oulik, regte area wat mens moet ondervind om Suid-Afrika regtig te kan ondervind. die mense is eg en gee regtig om. Dis doodstil in die nag, so jy slaap soos 'n klip."
"The road to Hondeklipbaai is a challenge, has scenic beauty and is far enough to keep mass tourism away. One must rely on self entertainment and nature to keep yourself occupied. "
"Rustig en vriendelike mense. Mens kan weer in kontak kom met jou innerlike oor die skoonheid van die omgewing."
"Dit is jammer dat toeriste nie meer besonderhede vrylik kan bekom oor die jare toe tonne kreef daar gevang is nie. Geen foto's is beskikbaar van hoe dit gelyk het voordat die jetty en geboue tot niet gegaan het nie. Vandag is dit net murasies, met jare se harde werk, leef en stories daarin verweef."
"It is a beautiful place, down to earth. The friendliness is overwhelming. The "Red Spinnekop"is a lovely place to go for a bite, relax or have an ice cold beer."
"Best reached by 4x4 on the R355 out of Springbok via Kommagass. Out of season it is difficult to find something to eat, so bringing your own is a good idea."
"Daar is nie veel om te doen, meer vir mense wat rus en vrede vir hulle siel soek."
"Dit is baie ver en die pad soontoe is onrybaar sleg! Die Rooispinnekoprestaurant en Dop en Kreef-restaurant het lekker kos - alhoewel nie vars seekos nie, is die calamari combo heerlik."
" As ek kritiek kan lewer oor die omgewing sal ek sê dat die paaie oor die algemeen 'n riller was. Sinkplaatpad uit die boonste gestoeltes. "
"It's very isolated, raw and beautiful. Ideal for the no-nonsense travesteer wanting to relax, explore and likes getting away from everything. High clearance vehicle is preferable as all access is on a dirt Road. Unspoiled beauty. "
"Die pad is nie so wonderlik nie en baie sinkplaat. Daar is nie vreeslik baie toeriste-aantreklikhede nie. Vir die moeë van gees en liggaam is dit 'n goeie rusplek. "
"Pad na Hondeklipbaai is 56 km op n sinkplaatgrondpad. Nie te lekker vir kleiner voertuie nie. Skeepswrakke en lighuise iets om te sien. Kos by Rooi Spinnekop Restaurant en Dop en Kreef die beste. "
"Moenie soontoe gaan as jy hou van winkels en dorpe en die hustle en bustle van bekende strande nie. Hierdie is 'n rus-jou-siel-plek. Ek sou so graag wou sien dat iemand iets doen vir die gemeenskap vir 'n inkomste. "
"Hondeklipbaai is 'n tipiese klein Weskusbestemming waarvandaan die omliggende omgewing verken kan word. Ons het twee keer by die Rooi Spinnekop restaurant geëet en dit baie geniet."