Successfully reported

Verified Reviews

Hondeklipbaai

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hondeklipbaai

Rated 4.2 out of 5 based on 308 reviews.

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Die plek waar jy wegkom van alles en kan rus!"

Hondeklipbaai

De Swarte Mossel

"A must visit! (at least once in your lifetime)."

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Dis 'n stil, rustige plek, maar om die batterye te laai. Gaan gerus soontoe."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Nie veel aktiwiteite nie, maar 'n oase vir lekker rus en kuier. Dop en kreef baie lekker kos."

Hondeklipbaai

Rooi Spinnekop Accommodation and Restaurant

"Very nice although it was very windy when we arrived expectedly so because of the ocean."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Vars vis te koop by die hawe is lekker en die res van die gemeenskap is vriendelik."

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Baie afgesonder en soms moeilik om soontoe te ry maar dis absoluut deel van die pret en avontuur. Pragtige plekkie."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Baie rustige en mooi dorpie."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Baie lekker, rustig. 'n Lekker wegbreek uit die stadslewe na 'n rustige omgewing vir vriende om saam te kuier. Ek sal vir seker weer gaan na Hondeklipbaai."

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Weereens was die Februarie besoek buite seisoen, en minder besig, maar dit pas ons so. Die dag toer met die skeepswrakke is 'n moet. Weer was wonderlik die tyd van die jaar. "

Hondeklipbaai

Honne-Hemel: Oubaas

"Kort vir seker 'n plek waar jy na die see kan kyk en 'n koue wyn kan drink en vars vis kan geniet wat nie net in seisoen oop is nie."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Dit is 'n baie stil plekkie, nie almal sal van dit hou nie, tensy jy gaan vir rus en vrede."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Die grondpad is plek-plek bietjie sleg op die voertuie, maar as hy so nou en dan geskraap word sal dit wonderlik wees."

Hondeklipbaai

By die Baai

"Het heerlik geëet by die Rooi Spinnekop. Beste seekos in 'n lang tyd."

Hondeklipbaai

By die Baai

"Interessante dorpie met sy eie geskiedenis. Die toegang vanaf die N7 na Hondeklipbaai is 'n baie slegte grondpad die laaste 40 km."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Dit is maar 'n regte klein vissersdorpie. Vat alles wat jy nodig het saam. Goed soos drank en ys kan wel daar gekoop word, maar die opsies is maar min. Ek raai ook aan om met 'n 4x4 voertuig te gaan. Ons eerste keer was met 'n kar en dit het bietjie vervelig geraak. Ons tweede keer was met 'n goeie 4x4 en dit het die hele streek vir ons oopgemaak en ons kan baie meer sien."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Alhoewel Hondeklipbaai op enige reisiger se lysie moet wees, is daar nie veel om te doen nie. Dit is 'n mooi dorpie en ons het lekker gekuier by Dop en Kreef, en die mooi plekkies wat kenmerkend is aan Hondeklipbaai besoek. Ten minste twee dae is nodig om Hondeklipbaai te ervaar. "

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Pragtige Weskus juweel!"

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Hondeklipbaai is ‘n Weskus-juweel en baie spesiaal."

Hondeklipbaai

The Dogstone Cottage

"Hondeklipbaai is ‘n interessante bestemming. Baie geskiedenis, ‘n kuslyn vol stories en dit is ‘n rustige dorpie. Goed gewerk ook vir ons wat oppad was na Alexanderbaai grenspos."

Hondeklipbaai

By die Baai

"Rustige dorpie vriendelike mense dorpie het uitbreiding t.o.v winkels en eetplekke nodig."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"It is a destination at the end of a long gravel road rather than an area for exploring."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Baie netjies en skoon, soos verwag van die Weskus."

Hondeklipbaai

By die Baai

"Alhoewel hondeklipbaai verskriklik mooi en veilig is, het ons 'n bloutjie geloop met 'n werklose visserman wat my en my kinders genader het en gehelp het om kreef te probeer vang, asook visse tussen die rotse. My raad aan al die reisigers soontoe is om glad nie betrokke te raak by die man nie, sy naam is Abraham. Die plaaslike inwoners (wat ook nie veel ooghare vir hom het nie) noem hom Torra. As hy jou nader of naby jou kom en jou kinders kom, jaag hom onmiddellik weg. Ek moet ook net noem dat dit slegs hy was wat ons lastig geval het en hy is blykbaar ook die swart skaap van die dorp. Die polisie was baie vinnig en flink om ons te kom help."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Die dorpie is ver en klein, en het sy probleme met krag en water. Die nuwe geseëlde paaie is 'n wenner. Toegang tot die dorp is deur lang, slegte grondpaaie, maar 'n besoek is die moeite werd. Baie veilig en vriendelike mense."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Beskikbaarheid van brandstof en 'n kleinhandelaar sou goed wees."

Hondeklipbaai

By die Baai

"Die 2018 boek oor Hondeklipbaai, "Van Toeka tot nou", was voorwaar heerlik om te lees. Die skrywer ken van Hondeklipbaai. Heerlik."

Hondeklipbaai

Rooi Spinnekop Accommodation and Restaurant

"Ver weg van alles, naby aan die natuur."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Aanvanklik nie beïndruk nie. Nie 'n tipiese vakansiedorp nie, maar na drie dae wou ons langer bly. Ek gaan weer."

Page
Page 8 - Showing 211 to 240

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers