Verified Reviews
Jacobs Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Jacobs Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 428 reviews.
"Jacobsbaai het baie gegroei die afgelope 20 jaar, en bly een van die mees private kusdorpies in die omgewing. Ek sien dit bou steeds dat dit klap en groei sterk."
"'n Dorpie weg van die alledaagse werk- en woonplek. Die uitleg en die huise van Jacobsbaai maak dit 'n besonderse bestemming. Hoop dit bly so sonder winkels en verkeer."
"Perfek as jy stilte en natuurskoon soek. Die kersie op die koek was dat ons net betyds was vir die blomseisoen en ons het die mooiste foto's geneem!"
"Perfekte wegbreek van dorpe, mense en alles, maar steeds naby genoeg aan winkels om die "moet gou dit hê" te gaan haal."
"Jacobsbaai is pragtig met heerlike restaurante en 'n kafee. Mense is vriendelik en rustig."
"Ons kom weer kuier. Die plaslike restaurant is baie mooi en gesellig maar ons was teleurgesteld met die spyskaart. Gelukking is dit naby ander plekke wat uit die boeke kos maak. Jacobsbaai is werklik 'n besonderse plek."
"I understand that in the spring it is absolutely beautiful, but when we were there - March/April - arid! But it does have a beauty of its own. "
"Jacobsbaai is 'n pragtige en rustige dorpie. Daar is net nie 'n strand vir die kinders nie en ons moes Langebaan toe ry om op 'n strand te kan speel en baljaar. Sou ook baie lekker gewees het indien daar dalk 'n diens was waar 'n mens fietse kon huur om die dorpie mee plat te ry. Sal Jacobsbaai defnitief weer besoek!"
"Jacobsbaai is lieflik, stil, rustig en is so naby aan die Vredenburg/Weskus Mall waar mens alles kry wat mens nodig het - sentraal geleë om baie ander plekke te besoek en sou ek graag Jacobsbaai my laaste blyblek wou maak voor ek die tydelike met die ewige verwissel."