Geverifieerde Resensie
Jacobs Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jacobs Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 428 resensies.
"Jacobsbaai is 'n pragtige eg Weskus dorpie en bekend aan ons almal. Dit is stil en rustig. Dit het ook 'n baie veilige atmosfeer. Gelukkig is dit nie ver van Vredenburg af nie. "
"Jacobsbaai het vir ons rus vir ons siel gebied. Baie skoon en netjiese dorpie. Kindervriendelik. Jacobsbaai is ook naby aan die bekende Weskus-dorpies, so dis lekker om in Jacobsbaai te oornag en al die omliggende dorpies te besoek. Eersteklas!"
"Stil dorpie met hope staproetes en hengelplekke. Weg van die besetenheid van besige kusgebiede, maar naby genoeg aan Langebaan, Paternoster en Saldanha vir 'n vinnige besoek. Die argitektuur is pragtig en herinner aan die Griekse eilande. Daar is 'n klein nuts- en geskenkwinkeltjie met verrassings soos vars melktert en goedkoop hout. Die Weskus-mall is tien minute weg vir groot inkope en brandstof. Jacobsbaai is een van die min kusjuwele waarvan die glans nog nie verdof is deur te veel straatligte en neon-naamborde nie. Beslis 'n besoek werd."
"As mens lief is vir die uniekhed van die Weskus, dan is Jacobsbaai die plek wat die 'gees van die Weskus' die beste weerspieël en leef. Die feit dat dit redelik ongekommersialiseerd is maak dit outentiek. "
"Jacobsbaai is 'n pragtige klein dorpie wat rustigheid vir jou siel verskaf - wonderlike rusplek vir 'n naweek weg."
"Ek wil nie graag se dit is 'n uitstekende bestemming nie want ek is bang dit word oorval. Dit is so rustig. Sal baie graag Jacobsbaai in die somer wil besoek."
"As 4x4 toeroperateur sal ek steeds die Weskus as bestemming bemark, maar nie noodwendig Abelone nie..."
"Die rus en vrede, die ongereptheid en natuur is onbeskryflik. En daar is baie te doen in die omgewing as mens wil bedrywig of aktief wees. "
"Oulike winkeltjie by Jacobsbaai se ingang. Die huise en tuine in Jacobsbaai is oor die algemeen baie netjies en goed versorg."
"Pragtige plek, rustig, sonder lawaai en aan te beveel vir mense wat uit die stadsgedruis wil wegkom."
"Baie mooi rustige plekkie. Geen smouse of boemelaars wat mens pla nie. Kindervriendelike baai. Sal definitief weer daar gaan bly."
"Baie lekker, rustig skoon met asemrowende natuurskoon. Die kreef depot kan gerus 'n bietjie van sy tonne krewe beskikbaar maak aan die toeriste, hetsy met 'n kreefinligting en braaigeleenthede, of vir selfs braai ten minste een maal per week in Desember."