Verified Reviews
Jeffreys Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Jeffreys Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 763 reviews.
"Dis my gunsteling vakansie-bestemming, propvol klein snuffelwinkels en puik eetplekke. Die natuurskoon is pragtig."
"Was net 'n bietjie teleurgesteld dat die supermarkte al 7uur toe gemaak het, want ons het net na 7 die aand ingeklok."
"Eerste keer wat ons in Jeffreys vakansie hou. Dit het vir seker op ons gegroei. Was geskok oor die informele area waardeur mens moet ry om by ons verblyf uit te kom. Dis regtig die enigste negatiewe ding. Ons het probeer om soveel moontlik restaurante te verken, Infood, Walskipper en Kitchen Window was die wenners. Ons is fynproewers met hoë standaarde, maar hulle kos en pryse is uitstekend."
"To be honest, I do not enjoy Jeffreys Bay. My experience is that the locals are very unfriendly and the shops rather pricey, but I will still come back because the beaches are lovely and clean."
"Onst heerlik gekuier by die Mexican restaurant. Hulle cocktail menu is great. Die locally-sourced calamari is uit die boeke uit. Vriendelike gasheer en staf. Viswijf Restaurant het ook heerlike kos bedien en hulle pryse was baie billik."
"Vir jong mense is daar net soveel om te doen in Jeffreysbaai as dit nie in vakansietyd is nie."
"'n Uiteet by die Kos en Vismandjie is 'n absolute moet. Dorp 'n bietjie besig na ons sin."
"Oral waar ons gegaan het was mense baie vriendelike en behulpsaam. Kospot en die vis winkel by dit se kos is die beste. Die bestuur van Spar is baie vriendelik en behulpsaam."
"Dit was my eerste besoek aan Jeffreys en ons is mal oor die plek. Die 60's Diner het die heerlikste melkskommels, terwyl jy ver gaan soek om 'n meer veelsydige menu en beter kos as by Nina's Real Food te kry. Heelwat om te doen en die kinders (tieners) mee besig te hou. 'n Naweek is net veels te kort. Volgende keer kom ons vir 'n hele week!"