Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1935 reviews.
"Die omgewing mooi, maar behalwe vir die Salt experience is daar nie veel anders om te doen."
"Daar was nie veel ander attraksies om te sien in die nabye omgewing van Sutherland, wat ons bewus van was nie. Ons was ongelukkig om nie na SALT te kon gaan nie, aangesien dit 'n bewolkte aand was en ons uitgemis het op die uitstappie aangesien dit gekanselleer is."
"Ladismith het nie baie winkels nie maar sal kry wat jy nodig het en dis baie rustig en stil!"
"Pragtige plekkie met gawe mense. Swartberg Hotel het lekker kos. The Ruud Chef ook heerlike kos, net jammer hul bedien nie ontbyt."
"So lekker gesels met almal wat ons op die dorp teëgekom het. Die Boekklub (reeks en restaurant), die slaghuis, Karoo Blessings (nougat), The Little Shoppe, die besonderse NG Kerkgebou, die staproete tussen Sutherland en Merweville, ens."
"Baie om te besigtig, jy kan halfpad opry met Swartbergpas, wat met aangryplike klowe en asemrowende uitsig beloon word (die mooiste deel van die pas) en terug keer binne 45 minute (14 km) terug wees in dorp. Netjies goed versorgde dorpie, lekker veilig stap in dorp tussen die netjiese, klassieke Karoohuisies! Ervaar Karoo-gasvryheid!"
"'n Pragtige dorp met hope interessante dinge om te sien en vriendelike mense."
"Vind dit jammer dat die inligtingskantoor gesluit is op 'n Saterdag voormiddag. Tipies kom toeriste op 'n Saterdag aan en verlang inligting."
"Dis baie klein en koud! Die mense is egter baie vriendelik en behulpsaam. Net jammer dieselfde kan nie gesê word van SALT se mense nie."
"Ongelooflike lekker kos by Lazy Lizard! Moenie voor 8uur probeer brandstof ingooi nie, alles is toe!"