Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1935 reviews.
"Teater groot trekpleister. Verskeidenheid eetplekke met gehaltekos. Die slaghuis is tops!"
"Ons kon nie orals ry a.g.v. die grondpaaie nie. Ons land moet meer begin teerpaaie lê, dis immers 2021. Nie almal besit bakkies/4x4-voertuie nie. Stadsmense hou van die platteland besoek en die paaie is rof op die motors."
"Altyd 'n vreugde om op Prins Albert weer die batterye te gaan herlaai met stap tussen lieflike huisies, eetplekkies en kunsgallerye te besoek en net weer mens te word, met hane wat kraai, skape en eseltjies te hoor. ons ontdek elke slag iets nuuts!"
"Get off the beaten track and experience the Karoo! There's so much more to South Africa."
"Dink dit is die moeite werd om omgewing te sien. Rond te ry en prag van omgewing te ontdek. Veral Seweweekspoort."
"Hoop dat Prince Albert sy uniekheid en karakter kan behou, ten spyte van meer toeriste. Pragtige dorpie. Nog net nie ’n goeie koffiewinkel gevind nie - sommige koffies is maar flou. Maar by Ta Mala - daar was selfs filterkoffie in huise! Dubbele sterretjie!"
"Wonderlike dorpie met fantastiese restaurante en aktiwiteite om elkeen se smaak te pas. Kom ervaar Karoo-gasvryheid op sy beste!"
"'n Oulike dorpie met gasvrye mense, waar jy stilte, rustigheid en die sterre kan geniet."
"Heerlike stap- en fietsryroetes, ons het ure in die berge rondgestap. Die mense in die dorp was vriendelik en die biltong en kos heerlik!"
"Daar sal altyd spasie wees vir uitbreiding. Die dorpie het opknapping nodig. Ons kon die planetarium besoek, maar teleurstellend met Covid, geen toegang gehad na die SALT-teleskoop nie. Sterland-sentrum vir sterrekyk het 'n onverwagte groot getal mense gehad vir 'n Maandagaand. Om en by 50. Dit was insiggewend."
"Besigtiging van die hemelruim was fantasties, maar die dorp self kan aantrekliker gemaak word vir toeriste."
"Benodig nog 'n kruideniersware-handelaar om pryse te stimuleer, Spar is uiters duur."
"Die sterrrekyk by planetarium was die moeite werd. Aanbieding was uitstekend."