Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1935 resensies.
"Pragtige klein dorpie met baie om te sien vir 'n naweek. Ongelukkig val die plaaslike inwoners mens heeltyd lastig vir geld, kos ens. Daar is oor 'n naweek vier keer by ons gebedel, waarvan drie keer by die kothuis was."
"SALT se begeleide toer 'n moet. Planetarium in die dorp 'n baie lekker ervaring. Hoop toerisme hou hierdie dorpie so aan die gang. "
"Ons geniet altyd vir Prins Albert! Die Showroom is uitstekend, dit is ook een van die oorwegende redes om Prins Albert te besoek. Dit is ook deel van my geskiedenis. "
"Gelukwensing aan die bestuur van die dorp en sy mense vir die insette om hierdie plattelandse dorpie so versorg te hou. "
"Ongelukkig, soos met baie ander dorpe, is die ingang na die dorp redelik bestrooi met plastieksakke en 'n woonbuurt wat regtig baie raserig is deur die nag. Mens hoor dit kilometers ver. Die res van Prins Albert is egter ongelooflik mooi, baie mooi argitektuur en vol karakter. Ons het die dorp en wat dit bied baie geniet."
"Lovely town. Lots to explore. We especially enjoyed our visits to Gays Guernsey Cheese factory, the Karoo Kombuis and O for Olive olive farm. Lots of friendly people all round. Also travelling via the Swart Berg pass to Oudshoorn is an experience that should be on everyone's bucket list."
"Ladismith is 'n baie mooi en gemaklike klein dorpie met 'n baie mooi area."
"Spandeer genoeg tyd, want die natuur verander so, veral tussen die berge en valleie deur. Wonderlike skeppingswerk."
"Belangrike historiese skat wat pragtig bewaar word. Fransie Pienaar Museum se mense was baie vriendelik en het ons baie tuis laat voel. So ook Avoova se mense."
"Pragtige dorpie, waar jy rustigheid kan ervaar en weer kan herlaai van 'n gejaagde lewe."
Prince Albert Road, Kaap Karoo
Wolvekraal Guest Farm"Ek is mal oor Prins Albert en sal weer en weer daarheen gaan."
"Daar is nie te veel om te doen nie, maar die SAOO toere maak 'n aand of twee daar die moeite werd. "
"Maak seker oor die maan, moet nie op volmaan gaan nie! Probeer ook maar liefs die wintermaande. Ons het geen sterre gesien tydens Paasnaweek 2019. Was bewolk. Het in herfs koud gekry, so wees voorbereid indien jy in die winter gaan!"
"Dit was nie ons eerste besoek aan Prins Albert nie, maar ons bly verstom. Misdaad vier nie hoogty hier nie en die dorpie is prentjiemooi."
"Pragtige klein dorpie wat op elke persoon se lysie van moet sien dorpies wees. Wil graag weer daar gaan kuier in die winter as daar sneeu is. Almal in die dorpie is baie vriendelik en behulpsaam. "
"Hoofsaaklik sterre kyk. Planetarium, teleskoop en aanbieding van sterre kyk by sterland aan te beveel. Baie rustig om weg te breek. "
"Pragtige dorp in die Karoo met genoeg lekker eetplekke en goeie kuns en snuffelwinkels en eindelose vistas. Die dorpsmense is vriendelik en gasvry en mens voel die pols van die Karoo hier."