Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1912 resensies.
"Prins Albert het 'n magdom "te doen": Van die wyn- en olyfplase, tot koffiewinkels, galerye en interessante winkels. Daar is gereeld gemeenskapsaktiwiteite soos die Leesfees. Dan is daar die Swartbergpas en ander."
"Lieflike herleweing en instandhouding van 'n Karoodorpie. Lushowe om van te kies en te keur. Die Leesfees was lekker. "
"Die sterrekyk ervaring was goed. Kan egter dit aanvul met 'n video vertoning vooraf. Dit was 'n aangename verassing on die Louw Huis te besoek. Hierdie stukkie geskiedenis moet meer bemark word. "
"Die Wimpy by die vulstasie het kragpunte vir selfone wat baie nuttig is en waardeer word terwyl ietsie geëet en gedrink word."
"Sutherland is a typical small karoo town. We enjoyed our stay and found the locals to be so kind, chatty and helpful, especially Magda at Magda's Winkel who regaled us with stories of the products on her shelves. We had breakfast on Saturday at Jupiter, and were served by a lovely young lady who was so sweet and kind. The portions were really enormous and the food was so so good! We would really really recommend them, all round great hospitality and really good food! We also went stargazing at the SAAO which was amazing! We weren't properly prepared for the cold, though our own fault. All in all, whilst Sutherland doesn't have much to offer, you can make a good weekend for yourself, and enjoy it if you really want to!"
"Beslis 'n dorpie met sy eie bekoring en potensiaal. Oor die algemeen kan n toeris veilig voel,wat n uitsondering in SA is. Die inwoners is gasvry en vriendelik. Restaurante bied waarde vir geld. Ons sou graag langer wou vertoef."
"Pragtige, historiese geboue (Louwhuis, NG Kerk), waarvan vele gerestoureer is."
"Pragtige klein dorpie. Ons was verbaas oor hoe skoon dit was. Ons sal definitief weer gaan."
"Prins Albert is 'n belewenis! Vriendelike, skoon dorp met goeie diens op alle terreine. Die heerlikste eet- en kuierplekke. 'n Lafenis vir mens se siel."
"Dit is ons eerste keer wat ons Prins Albert besoek. Dit is 'n eg plattelandse dorp met 'n rustige atmosfeer. Lekker ontbyt geëet by die Koffiehuis. Baie mooi hotel, langs die Koffiehuis, met pragtige ou meubels. Ons sal volgende keer meer wil rondloop om die dorp te verken."
"Inwoners is vriendelik en hulpvaardig. Wonderlike rustige Karoo bestemming wat besoekers met ope arms ontvang. Veral die personeel by die Swartberg Hotel het ons laat welkom voel en was professioneel en vriendelik te alle tye. 'n Moet besoek dorp."
"Mooi omgewing met die berge en bergpasse. Hou van die wingerde in die valeie. Goed om dagreise te doen. "
"Ons het die gevoel gekry dat die dorpie vasgesteek het in 'n vergange era en al die ou artefakte val nie noodwendig in almal se smaak nie. Dit is vir mense wat wil teruggaan in tyd en wat hou van die eksentrieke."
"Ladismith is naby genoeg vanaf Vyver's Rus, het heerlike middagete gehad by Hillock Wines."
"Dit is 'n pragtige dorpie en die omgewing is net so mooi. Beslis 'n besoek werd!"