Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1912 resensies.
"Wat 'n pragtige, goed bewaarde en aangename dorp, in 'n pragtige omgewing en soveel om te bied. "
"Die dorp Ladismith is nie veel om na uit te sien, maar die omgewing is fantasties."
"Mooi netjiese Karoo dorp aan voet van Swartberge. Dorp en omgewing het interessante historiese en geografiese besoekplekke. Almal die moeite werd om te sien. Gemeenskap kan geloof word vir "omgee vir diere" en instellings soos die Donkey Sanctuary."
"Ek hou van die plek. Sal weer kom kuier of as deurgang na Mosselbaai gebruik. Skilderagtig en baie veilig!"
"Baie beslis 'n besoek werd met al die gasteplase in 'n pragtige omgewing. Pas ook Klaarstroom en De Rust in by enige reisprogram want langs die pad daarheen wag daar verrassings."
"Great place! Country Hotel Laingsburg het top potjiekos! Probeer gerus die afval!"
"Die oorspronklike plaas het aan van my direkte voorgeslagte behoort. My oupa het sy kinderjare op Prince Albert deurgebring."
"Beslis 'n moet. Om die SALT-Projek te kon besoek, was verrykend en trots om dit in Suid-Afrika te kan beleef. Die Karoo is besonders en ons het verlief geraak."
"Dit is 'n belewenis wat elke reisiger in Suid Afrika ten minste een maal behoort te ervaar! Jurg Wepener by Sterland gaan uit sy pad om elke besoeker met hope kennis en entoesiasme te vul. Dit is aan te bevele om in die winter tydens donkermaan te gaan sterre kyk. En onthou om saam met jou verblyf ook jou tafel in 'n restaurant te bespreek - veral by die Ou Meule. Dit is skaars en in groot aanvraag elke aand."
"Beautiful town - off the beaten track. Loved the restaurants the town had to offer! Close proximity to Swartberg Pass, Gamkaskloof (Die Hel) and Cango Caves. "
"Werklik 'n Karoodorp met baie karakter en baie om te sien en te doen. Hulle sien ons beslis weer."
"Hierdie Karoodorpie het jare gelede reeds ons harte gesteel. Sal altyd terugkom hierheen."
"Prince Albert was 'n verrassing. 'n Pragtige dorpie wat weggesteek is tussen die berge."
"Laingsburg self bied nie veel nie, maar is 'n tipiese Karoodorpie. Vir iemand wat hou van Karoo is dit ideaal, want die omgewing bied baie onverwagte wonders."
"Swartberg Hotel se beesstert is innig lekker. Probeer gerus Karookombuis vir 'n lekker kuier met die eienaars. Ry uit na die Gamkapoortdam."